BlogsOpinion

Leef so dat ander Jesus wil volg

Brennan Manning, skrywer en Franciskaanse priester sê Christene is ‘n gemeenskap van “professional lovers”, mans en vroue wat hulle oorgee aan die misterie van die Geesvuur. Mans en vroue wat alles laat gloei van vrede, vreugde, durf, en oordadige, onstuimige liefde. Die heidene was so beïndruk met hoe die eerste Christene gelewe het, dat die …

Brennan Manning, skrywer en Franciskaanse priester sê Christene is ‘n gemeenskap van “professional lovers”, mans en vroue wat hulle oorgee aan die misterie van die Geesvuur.

Mans en vroue wat alles laat gloei van vrede, vreugde, durf, en oordadige, onstuimige liefde.
Die heidene was so beïndruk met hoe die eerste Christene gelewe het, dat die Christene die guns van die volk geniet het.
Hulle was só anders dat mense na hulle toe gestroom het. Hulle andersheid was so aantreklik dat ander mense soos hulle wou wees.
Ek dink nie die eerste Christene het verwag dat hulle alternatiewe lewenstyl die wêreld om hulle so radikaal sou verander nie.
Hulle het nie projekte en programme gehad om mense te evangeliseer nie, hulle lewens was net so anders dat mense na hulle toe gestroom het.
Duisende sluit by die Jesus-beweging aan, dieselfde beweging waarvan jy en ek vandag nog deel is.
Hierdie beweging het aanhou groei en groei, en aan die begin van die Christendom groei die Jesus-beweging met 40% elke 10 jaar.
Nou, 2 000 jaar later, is ons steeds deel van dieselfde Jesus-beweging, maar die mense stroom nie meer na ons toe nie.
Waarom nie? Het alle mense nie ‘n honger en ‘n dors na God nie? Is hierdie honger en dors na God nie vasgelê in ons DNS nie?
Het God nie ‘n behoefte aan Hom nie in ons ingeskep nie?
Ons harte sal leeg bly totdat ons rus vind in Hom, sê die kerkvader Augustinus.
Ons is geskep met ‘n Godvormige leemte in ons binneste, sê Blaise Pascal, die Franse fisikus.
Ons sal nie tot rus kom tot daardie leemte in ons deur God gevul word nie.
Hoekom raak kerke dan al hoe leër?
Hoekom groei die kerk nie meer nie?
Lenny Bruce het iets gesê wat tref: “Meer en meer mense loop weg van die kerk af en terug na God toe”.
Het God selfs in die kerk soek geraak?
Die grootste enkele oorsaak van ateïsme, beweer die eertydse sanger van die gospelgroep DC Talk, Kevin Max, is Christene wat Jesus met die mond bely, en met hulle lewens verloën.
Daarom vind ‘n ongelowige wêreld dit moeilik om in God te glo.
Is daar darem nog kerke en gemeentes wat groei? Daar is.
Watter kerke groei nog? Handelinge 2-kerke.
• Volgende week meer oor Handelinge 2-gemeentes.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button