Local NewsNews

Ooievaar lê besoek af

Die Austin-gesin is baie opgewonde om die nuwe toevoeging tot die gesin, klein Caleb, in Junie te verwelkom.

POLOKWANE – Die Austin-gesin is baie opgewonde om die nuwe toevoeging tot die gesin, klein Caleb, in Junie te verwelkom.

Aangesien die departement van gesondheid onlangs, van 10 to 16 Februarie, Swangerskap-bewusmakingsweek gevier het, gesels Review met Caleb se ma, Virgilia wat Mediclinic Limpopo se Baba-expo verlede Vrydag bygewoon het.

Sy vertel die swangerskap was nie beplan nie, maar dat die hele gesin baie bly was oor die nuus dat hulle ‘n baba ryker gaan word.

“Ek het sommer eendag implusief ‘n swangerskapstoets gekoop en die toets gedoen. Ek kon my oë nie glo toe ek die twee blou strepies sien nie. Ek het heel eerste na my dogter Leighton, gehardloop om die nuus met haar te deel. Haar opgewondenheid het my sommer nog meer opgewonde gemaak,” sê Virgilia.

Sy sê die opgewondenheid het net ‘n rukkie geduur voordat die realiteit van die situasie haar getref het en sy baie ontsteld was.

“Ek het foto’s van die toets na albei oumas gestuur en hulle was baie bly. Dit het my gerus gestel.”

Virgilia en Armand is in 2013 getroud nadat hulle mekaar deur vriende ontmoet het. Leighton is Virgilia se dogter uit ‘n vorige verhouding en sy is baie lief vir haar stiefpa.

Armand sê hy is baie bly dat hulle ‘n seun verwag.

“Sy naam beteken ‘getroue’ en ‘groot geestelike potensiaal’,” verduidelik hy.

Die Austin-gesin tel al die dae voordat hulle vir Caleb sal kan ontmoet.

“Ek gaan op 3 Junie hospitaal toe vir ‘n keisersnee,” sê Virgilia.

Die hele gesin stem saam dat die Mediclinic Limpop se Baba-expo baie leersaam was en dat hulle nou gerus en voorbereid voel vir Caleb se koms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button