CrimeNews

Leerder met ‘n mes aangeval deur 2 onbekende mans

'N LEERDER van Hoërskool Piet Potgieter, is Sondagmiddag met 'n mes in die maag gesteek nadat hy aangeval is deur twee mans

MOKOPANE – ‘N LEERDER van Hoërskool Piet Potgieter, is Sondagmiddag met ‘n mes in die maag gesteek nadat hy aangeval is deur twee mans op die hoek van Hooge- en Hindonstraat.

JJ Kempen was te voet oppad huistoe toe hy besef hy word agtervolg. Volgens JJ het twee mans in hulle laat 20’s hom genader waarna die een hom met ‘n mes gedreig het.

Hy het sy beursie vir hulle gegee, waarna een van die verdagtes hom met die mes gesteek het. Die verdagtes het daarna op vlug geslaan.

JJ se ma, Charmaine Kempen, is dadelik gebel en sy het hom na Kitty Hudson by die bloedbank geneem waar sy wond met steke geheg is.

“Ek het die Valke buurtwag geskakel en hulle het tot laatnag na die verdagtes gesoek, maar ongelukkig is hulle nie vasgetrek nie.

“Ons bedank graag die Valke-buurtwag vir hulle vinnige reaksie en vir Hudson wat mediesehulp aan JJ verleen het,” sê Charmaine.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button