Schools

Swemmers swem swembad aan die brand

Swemmers het hulle skole in groot getalle verteenwoordig by die Bosveld Interhoër swemgala en het hul goed van hul taak gekwyt.

MOKOPANE – Swemmers van sewe skole het mekaar op 17 September die stryd aangesê tydens die Bosveld Interhoër swemgala by Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi.

Hoërskool Piet Potgieter, Ellisras, Ben Viljoen, Hans Strijdom, Nylstroom, Warmbad sowel as die gasheerskool het aan die kompetisie deelgeneem.

Swemmers het hulle skole in groot getalle verteenwoordig en het hul goed van hul taak gekwyt.

Hoërskool Piet Potgieter se swemmers is gereed vir die dag.

Hulle het hul talent in onder andere vry-, bors-, rug-, vlinderslag sowel as die aflosse gewys.

HPP skitter met ‘n spoggetal van 69 medaljes wat insluit 30 goud, 26 silwer en 13 brons en eindig die dag as naaswenners van die Interhoërswem met 1 780 punte.

Hoërskool Ben Viljoen wen die dag met 1 825 punte, met Hoërskool Ellisras derde.

Colin Campbell, die skoolhoof van Hoërskool Frikkie Meyer wens Micke Prinsloo geluk met haar prestasie.

Micke Prinsloo was een van die uitblinkers en stel die beste Hi-Tech individuele prestasie vir junior meisies op in die 50m borsslag met 549 punte.

Die ander uitblinker vir die dag was Petri Grobler wat as junior Victor Ludorum aangewys is.

HPP se swemmers het ook talle rekords opgestel: Carmi Schoeman in die 100m rugslag vir meisies o/16 en Stephanie Dannhauser in die 100m rugslag vir meisie o/15. Carla Dannhauser verbeter die 50m vryslagtyd vir meisies o/15; Micke Prinsloo stel ‘n rekord op vir meisies o/15 in die 100m borsslag.

Colin Campbell, die skoolhoof van Hoërskool Frikkie Meyer oorhandig die junior Victor Ludorumtrofee aan Petri Grobler.

Zané Neethling, Stephanie Dannhauser, Micke Prinsloo en Carla Dannhauser wat in die 200m vryslagaflos vir meisies o/15 geswem het, verbeter die bestaande tyd en swem ook ‘n rekord in die 200m wisselslagaflos.

Swemmers wat medaljes ingepalm het en goeie plekke behaal het is Carlia Nel, Christine Lee, Darshell Swan, Evan Pretorius, Franco Louw, Carmi Schoeman, Carla Dannhauser, Gerard Kruger, Henco du Toit, Henro van der Walt, Izaan Meintjies, Jacques Engelbrecht, Jakkie Botha, Jayden Mostert, Jon-Paul van der Nest, Keanke Nel, Kian Lloyd, Lianka du Toit, Micke Prinsloo, Milé Claasens, Nathan Potgieter, Petri Grobler, Pieter Bezuidenhout, Rossouw Bell en Stephanie Dannhauser.

HPP se onderskeie aflosspanne het goed geswem en verskeie medaljes verower. HPP is baie trots op die swemmers met hulle puik prestasie en wens elkeen geluk.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button