Local News

Borg Pieter Botha vir stap

Pieter Botha is gebore met klompvoete en in sy grootwordjare het sy liggaam te swaar geraak vir sy voete en bene.

MOKOPANE – “Selfs al het jy ‘n gebrek, beteken dit nie dat jy nie iets in die lewe kan bereik waarop jy jou hart sit nie.”

Só gesels Pieter Botha oor hoe hy nie toelaat dat sy gebreke hom onderkry nie. Pieter is ‘n toonbeeld van inspirasie en motivering met sy positiewe uitkyk op die lewe.

Hy is gebore met klompvoete en in sy grootwordjare het sy liggaam te swaar geraak vir sy voete en bene.

In 2007 is die besluit geneem om albei sy bene net onder die knieë te laat amputeer.

Hy het ook gesukkel met glukoom in sy oë en met die amputasie was die skok te veel op sy liggaam, wat uiteindelik tot blindheid gelei het.

Pieter kan steeds lig en donker onderskei, en ook helder kleure sien. Aan die begin was die amputasie ‘n geweldige aanpassing, vertel hy.

“‘n Mens raak gefrustreerd in ‘n rolstoel. Met tyd het dit egter beter geraak, nadat ek kon begin beweeg met krukke en prostese en ek fisiek iets kon doen. Ek het aktief begin oefen en my gehoor het ook baie opgeskerp.”

Pieter het egter voor ‘n groot finansiële mediese uitdaging te staan gekom.

“Die maandelikse staatstoelaag wat ek ontvang is te min om my gereelde besoeke aan die spesialiste in Pretoria te dra. Ek het ook maandelikse opvolgbesoeke by die plaaslike dokters en my prostese kort dringende herstelwerk,” sê hy.

Hy het sy moed bymekaar geskraap en besluit om die gemeenskap se hulp in te roep.

Op 5 Oktober vanaf 08:00 gaan Pieter vanaf die N.G. Hulp en Hoop gemeente na Butter Bistro stap – sowat 2.5km op sy knieë – en hy daag die gemeenskap uit om hom per meter vanaf R10 te borg.

“Sonder die gemeenskap kan hierdie uitdaging nie ‘n sukses wees nie. Belangstellendes kan ook kom saam stap, dit sal soveel meer inspirerend wees,” sluit hy af.

As jy bereid is om te borg, kontak Pieter by 073 889 9017.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button