Local News

Miami-broodjie wen vir haar ‘n podiumplek by VLU-kompetisie

Dedré het onlangs ingeskryf vir ‘n VLU-kompetisie waar sy ‘n brood moes bak met twee Miami-produkte en sy het met ‘n tweede plek weggestap.

POLOKWANE  – Op 16 dink meisies dikwels aan hulle vriende, hulle afspraak vir die volgende dans of selfs hulle skoolwerk. Min dink daaraan om met ‘n huishouding te begin, te trou, kinders te hê en hulle dae in die kombuis deur te bring.

Vir die onlangse tweedeplekwenner in ‘n VLU-kompetisie, Dedré Leonard was hierdie gedagte ook nie van die begin af daar nie, maar toe dinge by haar huis begin skeefloop en haar kêrel van destyds aanbied om met haar te trou, was die koeël deur die kerk en moes sy begin huisvrou wees.

“Ek is op 16 in die diep kant ingegooi. Ek en my man het op ‘n plaas, 36km van die naaste dorp gewoon en skielik moes ek huisvrou speel wat bak en brou. Ek het die resepte wat tot my beskikking was, slaafs nagevolg. Deesdae maak ek minder van resepteboeke gebruik.¨

Dedré het onlangs ingeskryf vir ‘n VLU-kompetisie waar sy ‘n brood moes bak met twee Miami-produkte en sy het met ‘n tweede plek weggestap.

‘n Paar jaar gelede het sy haar gunsteling resep aan ‘n bekende familietydskrif gestuur vir ‘n braairesepteboek.

“Ek het aanlyn gesoek vir ‘n maklike roosterbrood resep en dit toe gebruik. Ek het nie verwag hulle gaan dit gebruik nie, en dit was ‘n groot verrassing toe die resep in die boek is.”

Dedré vertel haar tweede plek in die Miami-kompetisie was net so ‘n groot verrassing.

As ma van drie spog sy dat een van haar dogters, Esmarelda Kloeck, ook lief is daarvoor om in die kombuis te werkskaf.

“Sy het in 2011 as kok by die Institute of Culinary Arts gekwalifiseer en het onder die bekende kok Bertus Basson gewerk. Sy het my een dag gebel en bedank oor ek so kwaai in die kombuis was, aangesien Bertus haar nie kon afskrik nie.”

Dedré erken haar skoonseun hou van haar spaghetti en dat haar seun besonders lief is vir die poeding wat sy maak.

Haar eie gunstelinge is Eisbein of enige ander varkvleis en seekos, sluit sy af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button