Local News

Kranslegging by konsentrasiekamp

Leerders van Afrikaanse skole in die stad het die Pietersburg-konsentrasiekamp besoek waar hulle meer oor die begraafplaas geleer het.

POLOKWANE – Op 11 Mei 1901 is die Pietersburg Konsentrasiekamp opgerig.

Dié kamp het gemiddeld 3 378 mense per maand gehuisves en vir meer as ‘n jaar het die inwoners in tente en op rantsoene geleef – dit was die Tweede Vryheidsoorlog, oftewel Anglo-Boereoorlog.

Só hoor diegene wat die Konsentrasiekamp-krans-legging, wat deur die Voortrekkers op 15 September aangebied is, bygewoon het.

Die geleentheid is by die Pietersburg Konsentrasiekampbegraafplaas gehou, slegs dae nadat die meeste van die opgraderings by die perseel voltooi is.

Die FAK, wat in 1929 gestig is, speel ‘n rol in die bewaring van die Afrikaners se erfenis.

Charles Rademeyer, die kultuurnetwerkkoördineerder van die noordelike provinsies van die FAK, het tydens sy spreekbeurt gesê dat tradisies beskerm moet word.

“Ons erfenis vertel wie ons is en hoe ons hier gekom het. Dit is belangrik vir alle Suid-Afrikaners.”

Leerders van Afrikaanse skole in die stad, die Bittereinders, Volkspele en die Moths het die middag bygewoon waar hulle by Carel Schmahl meer oor die begraafplaas geleer het.

“Teen die tyd dat die mense by die kamp aangekom het, was hulle reeds siek met malaria en koors. Die meeste siektes waaraan mense dood is was malaria, asook malaria met komplikasies, maagkoors, diarree, longontsteking, brongitis, masels en masels met komplikasies. Bykans 700 mense het per dag in die kamp gesterf. Daar was twee ander kampe in Polokwane, naamlik een vir die Buys-familie van Mara en ‘n ander een vir die Scouts en hulle gesinne. Daar is gedokumenteer dat ongeveer 28 000 blankes en 20 000 nie-blankes in verskeie kampe in Suid-Afrika gesterf het,” het Schmahl opgemerk.

Na die formaliteite het besoekers blomme op die grafte geplaas.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button