Local News

Mall of the North laat Tommies se speke sing

Mall of the North het twee fietse aan Tom Naudé geskenk om enige leerders te help wat nie nuwe fietse vir die sport kan bekostig nie.

POLOKWANE – By Hoër Tegniese Skool Tom Naudé word daar nie net in rugby en netbal uitgeblink nie, maar ook in fietsry. Ongelukkig is fietsry een van jou duurder sportsoorte met ‘n fiets wat enige iets van R2 000 af kan kos.

Voeg daarby valhelms, spesiale skoene, knie- en elmboogskerms en jou beursie raak sommer gou-gou leeg.

Soms het leerders talent, maar nie noodwendig die geld om hierdie talent te beoefen en te verbeter nie.

By Mall of the North besef die bestuur maar te al te goed hoe belangrik die regte toerusting is en dus het hulle besluit om twee fietse met valhelms aan die skool te skenk.

Thabitha Lekganyane, deel van die bemarkingspan, sê die fietse bly die skool se eiendom en word net vir ‘n seisoen aan ‘n leerder geleen.

Afrigters Lee-Ann Strydom en Heinrich Pistorius is dankbaar vir die skenking. “Dit help geweldig aangesien ons altyd een of twee ryers het wat dit nie kan bekostig om ‘n nuwe fiets te koop nie.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button