Local News

Superhelde samel geld in vir DBV

PLS-leerders was werklike superhelde toe hulle hul entrepreneursdag gehou het en geld ingesamel om aan die DBV te skenk.

POLOKWANE – Soms verg dit helde, selfs superhelde, om ‘n verskil te maak en ander kere verg dit sommernet laerskoolleerders wat ‘n dag vol pret en plesier het.

By Pietersburg Laerskool het die leerders Vrydag entrepeneursdag gehou en daarmee saam ook soos superhelde aangetrek.

Hulle het aan ‘n inkleurkompetisie deelgeneem en ook lootjies gekoop met die hoop om nie net self ‘n prys te wen nie, maar ook genoeg geld bymekaar te maak om aan die DBV te skenk.

Aan die einde van die dag kon die skool R4 000 aan die DBV skenk.

Die wenners van die lootjies wen onderskeidelik ‘n geslagte lam en biltongmandjies vir die tweede en derde pryse.

Leerders uit elke graad het ook pryse ontvang vir hulle superhelduitrustings.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button