NewsSchools

Ouers gesels oor gr. 1’s

Trotse ouers van Laerskool Pietersburg gesels met Review oor hul kinders se eerste skooldae.

POLOKWANE – Meeste mense onthou hul eerste skooldae as ‘n dag van opgewondenheid, angstigheid en baie pret.

Trotse ouers van Laerskool Pietersburg gesels met Review oor hul kinders se eerste skooldae.

Martinette en Antoinette Potgieter.
Martinette en Antoinette Potgieter.

Antoinette Potgieter vertel dat haar dogter, Martinette, baie opgewonde is om skool toe te kan gaan maar dat sy nie heeltemal dieselfde voel nie.

“Ek is baie trots op haar, maar bietjie hartseer ook. Dis die begin van haar skoolloopbaan en ek kan nie wag om te sien wat sy alles gaan vermag nie, maar omdat sy die laatlam in die huis is gaan haar plekkie baie leeg wees.

“Daar is soveel wat sy kan doen met haar lewe en dis opwindend en vreesaanjaend tegelykertyd om te besef dat sy in ‘n heel ander generasie as ek grootword,” sê Antoinette.

Mishanté en Ilsé Botes.
Mishanté en Ilsé Botes.

Ilsé Botes sê dat haar dogter, Mishanté, baie opgewonde is om by die “grootskool” in te skakel.

“Ek is baie bly vir haar maar ek huil so bietjie as sy skool toe gaan. Ek steek dit maar weg sodat sy nie sien nie. Ek wil nie haar opgewondenheid demp nie.

“Die lewe is baie anders vandag en ek wil seker maak dat sy die beste onderig kry wat geld kan koop, sodat sy op elke vlak, ook tegnologies, suksesvol kan wees,” sê Ilsé.

Diané,Naas, Amy-Lee en Christina Coutsoulies.
Diané,Naas, Amy-Lee en Christina Coutsoulies.

Naas en Christina Coutsoulies vertel dat hul dogter, Amy-Lee, baie opgewonde is oor die nuwe skool en dat sy nie kan wag om nuwe maats te maak nie.

“Daar was bietjie trane en ook baie opgewondenheid. Ons is trots op haar en kan nie wag om te sien wat sy gaan maak en leer nie. Die lewe is duur vandag en met meer as een kind op skool gaan dit nie altyd maklik nie. Daar is gelukkig baie hulpmiddels van die regering en selfs skole om te help waar dinge te moeilik gaan,” sê Naas.

Familievriend Mthokozisi Dlomo, Frengie van Rooyen met klein Sybie van Rooyen.
Familievriend Mthokozisi Dlomo, Frengie van Rooyen met klein Sybie van Rooyen.

Frengie van Rooyen vertel dat sy meer opgewonde is as haar seun, Sybie, oor sy eerste skooljaar.

“Hy kan nie wag om slim te word nie en ek kan skaars in die middae wag om te hoor wat hy leer en doen.

“Dis so lekker om te weet hy is besig om aan sy toekoms te werk, al is dit nog net in gr. 1. Ek is bly dat daar nie meer diskriminasie is in die lewe nie. My seun het die geleentheid om te wees net wat hy wil en niks kan hom terughou as hy die beste ondersteuning moontlik van ons kry nie,” sê Frengie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button