Local News

Tommie se superhelde laat bloeskenkteinken spat

Die Bloedbank het verlede week 'n bloedskenkkliniek by Tom Naudé aangebied waar leerders, hul ouers en die personeel bloed geskenk het.

POLOKWANE – Superhelde bestaan nie net in stories nie, maar beweeg daagliks saam met ons waar ons gaan. Hulle het ook nie almal maskers en mantels, of vinnige motors nie.

Soms is ‘n superheld jou beste vriend, buurman of familielid. Soms is dit ‘n vreemdeling wat deur klein dade te verrig, ‘n groot verskil in ‘n ander se lewe maak.

Om bloed te skenk is een van hierdie heldedade, veral omdat die skenker nie noodwendig weet wie die ontvanger van sy of haar bloed is nie.

Maar deur gesond te lewe en tyd af te staan om bloed te skenk, is elke skenker reeds ‘n superheld.

Die Bloedbank het verlede week ‘n bloedskenkkliniek by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied waar leerders wat ouer as 16 is, hulle ouers en die personeel van die skool vir ‘n paar minute rustig kon raak terwyl hulle bloed skenk en aan die koekies smul.

Daar was 129 skenkers, waarvan 24 eerstekeer skenkers was. Die teiken was 106 eenhede en daar was 111 skenkers wat suksesvol bloed kon skenk. Slegs 18 skenkers is weggewys.

Lesers tussen 16 en 75 jaar, wat ‘n gesonde leefstyl handhaaf, kan elke 56 dae bloed skenk. Skenkers wat verkies om net bloedplaatjies te skenk, kan elke 14 dae skenk.

Die Polokwane SANBD-kliniek is geleë by Potgieterlaan 153 en is elke dag oop, behalwe Sondae.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button