Local News

Witkruismonument vanjaar 20 jaar herdenk

Dié monument, wat op Ysterberg geleë is, word jaarliks opgeknap en in stand gehou.

POLOKWANE – Veiligheid in Suid-Afrika is vir talle landsburgers ‘n bron van kommer. ‘n Mens lees daagliks van voorvalle waarin individue en selfs gesinne koelbloedig vermoor is.

Ry jy op die N1 verby Ysterberg tussen Polokwane en Mokopane, sien jy ‘n monument van wit kruise, daar geplant om elke slagoffer van ‘n plaasmoord te herdenk.

Dié monument is in 2004 tot stand gebring met 1 200 kruise, wat elkeen ‘n boer of sy gesin wat vermoor is in plaasaanvalle, verteenwoordig.  In 2022 was daar reeds 2 575 kruise opgerig.

Volgens AfriForum het die aantal plaasaanvalle van 339 in 2022 tot 269 in 2023 gedaal. Die syfers vir plaasmoorde is bykans dieselfde met net een moord minder in 2023. In Limpopo was daar drie aanvalle en twee moorde in 2023.

TLU SA se nuutste statistiek toon daar was 18 plaasaanvalle en twee plaasmoorde tydens die eerste twee maande van die jaar aangemeld. Dit is laer as in dieselfde tydperk in 2023 toe daar 38 plaasaanvalle en vyf plaasmoorde aangemeld is.

Jaarliks is daar ‘n skoonmaaknaweek en later ook ‘n opgraderingsnaweek wat op die terrein gehou word.

Oor hierdie naweke kan lesers help om die area om die monument skoon te maak en die kruise op te knap. Daar is heelwat uitgawes aan hierdie projekte verbonde en die direkteure van die Witkruismonument doen ‘n beroep op lesers om finansieel te help waar hulle kan.

Hierdie jaar word die Witkruismonument se 20ste bestaansjaar gevier.

Die skoonmaaknaweek vind op 9 Augustus plaas en dan sal die opgradering en kruisplanting op op 13-14 September plaasvind.

Kontakbesonderhede:

Hester 078 348 4447

Francois 071 753 7683

admin@bittereinders.co.za

FNB Tjek

Rekeningnommer: 630 985 94063.

Takkode: 250655.

Verwysing: Naam en van/Besigheidsnaam

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button