Local News

Merensky Krieketweek: Twee Tommies in Dream Team opgeneem

HP Robberts is as beste senior bouler aangewys, en Tiaan Haasbroek as beste senior veelsydige speler.

POLOKWANE – Sowat 400 krieketspelers van 26 skole in vier provinsies het op 17-21 Junie aan die 26ste jaarlikse Merensky Krieketweek deelgeneem.

Dié wedstryde is by Merensky, Unicorn Primary School, Hoërskool Ben Vorster, Stanford Lake College, Tzaneen Primary School, Hoërskool Pietersburg en die Polokwane Krieketklub gespeel.

‘n Groot eer het Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se eerstespanspelers te beurt geval. HP Robberts is as beste senior bouler aangewys, en Tiaan Haasbroek as beste senior veelsydige speler.

HP is ook aangewys as speler van die wedstryd tydens die wedstryd teen Hoërskool Ellisras.

Beide dié Tommies is deel van die Dream Team, die 15 beste spelers van al die deelnemers en ook die enigste twee van Limpopo wat in dié span opgeneem is.

HP sê die Hoërskool Merensky Krieketweek was, volgens hom, uiters suksesvol.

“Ons het Tom Naudé se naam laat groei in terme van krieket. Ons het baie lekker geleer, soos dat spanwerk jou uit moeilike situasies kan uithelp. Al lyk dinge onmoontlik, is dit nooit onmoontlik as jy as ‘n span saamwerk nie.”

Oor sy aanwysing as beste senior bouler, sê hy dit was ‘n ongelooflike gevoel om dié titel werk te wees.

“Ek het daarvoor gemik en is bly ek het dit behaal. Dit is ook ‘n eer om gekies te word as deel van Dream Team. Ek hoop ons kan met toekomende wedstryde aanhou om die Tommie-naam te laat groei in terme van krieket.”

Vir Tiaan was die toernooi ongelooflik en een van die beste krieketervarings waaraan hulle deel gehad het.

“Ons het geleer dat jy as span enige iets kan bereik, solank jy spangees en vertroue het. Ek en HP het hard gewerk en is dankbaar vir die toekennings wat ons ontvang het. Toe ek hoor ek is as o/18-speler van die toernooi aangewys, is my voete onder my uitgeslaan. Ons het ook daarvan gedroom om deel te wees van die Dream Team en uiteindelik word hierdie droom bewaarheid.”

Tom Naudé het vyfde op die toertabel geëindig. Hulle het Eldoraigne Seniors, Frans du Toit en Brandwag geklop en net teen Ellisras verloor.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Tanaiya Lees

"Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer. She holds a Diploma in Journalism and is passionate about sharing authentic stories and making a positive impact through those stories. Although her journey in journalism was unexpected, she found herself drawn to it from the very beginning. Despite an initial career in Digital Marketing and Communications, she has recently reignited her passion for journalism and is excited to be back in the field she loves. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that.

Related Articles

Back to top button