Local News

Veteraan joernalis Phillip van der Walt se afsterwe betreur

Phillip van der Walt se afsterwe op 6 Mei laat nie slegs 'n leemte in die lewe van sy familie nie, maar in die mediabedryf vir kollegas en vriende.

POLOKWANE – Op 1 Maart 1980 stap Phillip van der Walt (67) by die SAUK in, waar hy oor die volgende 39 jaar verskeie poste sou beklee.

Sy afsterwe op 6 Mei laat nie slegs ‘n leemte in die lewe van sy familie nie, maar in die mediabedryf vir kollegas en vriende.

Volgens sy dogter, Louise Cousins, het hy onder andere as verslaggewer en joernalis gewerk.

“Sy laaste pos voor hy op 31 Desember 2019 afgetree het, was senior joernalis.”

Phillip het ‘n groot deel van sy kinderjare in Amanzimtoti deurgebring en het sy skoolloopbaan by Kuswag Hoërskool voltooi.

“Hierna is hy weermag toe voor hy by die SAUK aangesluit het.n Na my pa se aftrede het hy baie tyd daaraan spandeer om sy kennis oor musiek, kultuur, finansies en die Bybel te verryk. Hy het baie daarvan gehou om vriende by sy huis te onthaal, om uit te gaan eet en ‘n bier saam met sy vriende te geniet. Hy was ook betrokke by sy kerk die Gereformeerde Kerk Pietersburg. Hy was ‘n gereelde deelnemer aan die Parkrun en het sy 100ste wedloop voltooi.”

Louise onthou haar pa as talentvol en kreatief, ‘n man van sy woord.

“Hy was baie lief vir mense en sou uit sy pad gaan om ander te help. Hy was ook ‘n diepgelowige mens, ‘n denker en kon vir ure oor alles sit en gesels.”

Sy sê voorts dat haar pa baie lief was vir sy kinders, hulle eggenote en veral vir sy kleinkinders. Een van die vele dinge wat hulle by hom geleer het, is om hard te werk en almal gelyk te hanteer.
Phillip het drie kinders, Louise, Karel en Riaan.

Riaan is in 2014 oorlede toe hy en Phillip met vakansie in Umdloti, KwaZulu-Natal was en deur ‘n stroom meegesleur is.

Louise onthou: “My pa het alles probeer het om Riaan te red maar dit was te vergeefs en het hy amper self verdrink.”

Jaco Mostert, ‘n vriend en mede-Parkrunner sê Phillip se dood kom as ‘n groot skok.

“Hy was baie betrokke by die Parkrun en ons sal hom beslis mis.”

Phillip word oorleef deur sy kinders, Louise en Karel, hulle eggenote Reghard en Cheri en twee kleinkinders, Mia en Marco.

Sy roudiens is op 10 Mei vanuit die Gereformeerde Kerk Pietersburg gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button