Local News

Dié slang kyk hy nie vlak nie, vertel plaaslike vanger

‘n Plaaslike motorwerktuigkundige van Polokwane vertel meer oor hoe hy slange vang.

POLOKWANE – Willem Naudé se ‘gewone werk’ is dié van ‘n motorwerktuigkundige, maar wanneer hy nie besig is om ‘n voertuig te herstel nie, vang hy slange. Letterlik.

Reeds vir meer as 20 jaar geniet Willem hierdie stokperdjie en ja, vertel hy, hy is al self deur ‘n slang gepik.

“My liefde vir slange kom reeds vandat ek ‘n jong kind was en my kinders deel ook hierdie liefde. Ek het heelwat slange as troeteldiere.”

Willem verduidelik daar is twee tipe slangbyte naamlik ‘n droë byt en ‘n gewone byt.

“‘n Droë byt is wanneer daar nie gif is nie, terwyl gif wel vrygestel word in ‘n gewone byt.”

Hy sê hy voer sy slange ten minste twee keer ‘n week en in die winter bly hulle vir vier maande sonder kos.

Hy het spesiale permitte wat sy versameling wettig maak. Hy werk ook nou saam met Natuurbewaring om slange en ander diere wat hy verwyder, in die natuur vry te laat.

“Die Mosambiekse spoegkobra hou daarvan om in huise in te gaan. Iets wat min mense weet is dat die swart mamba eintlik ‘n baie rustige slang is, veral wanneer jy hom rustig hanteer. Slange is reptiele en word nooit mak nie. Hulle het ook nie persoonlikhede of emosies nie. Ek is die versigtigste vir die pofadder. Dit is ‘n baie lui slang wat ook die vinnigste slang is. Dit is moeilik om hom met die hand te hanteer.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button