NewsSchools

Nuwe onderysers wys gesig

Van die top skole in Mokopane spog met nuwe bydraes tot hul personeelfamilie.

Van die top skole in Mokopane spog met nuwe bydraes tot hul personeelfamilie.

Met meer as 40 jaar ondervinding in die onderwys is Janet Stolz 'n aanwins vir die Potgietersrus CVO Skool. Sy gee Engels vir die gr. 10-, 11- en 12- leerders en hulle gaan beslis baat by haar onderrigwysheid in dié vak.
Met meer as 40 jaar ondervinding in die onderwys is Janet Stolz ‘n aanwins vir die Potgietersrus CVO Skool. Sy gee Engels vir die gr. 10-, 11- en 12- leerders en hulle gaan beslis baat by haar onderrigwysheid in dié vak.
Corné Botha en Zelda Botes is trots om deel van die Piet Pot-familie te word. Corné is die nuwe Engelse onderwyser vir gr. 9 en Zelda die gr. 8 lewensorientering onderwyser.
Corné Botha en Zelda Botes is trots om deel van die Piet Pot-familie te word. Corné is die nuwe Engelse onderwyser vir gr. 9 en Zelda die gr. 8 lewensorientering onderwyser.
Die Laerskool Krugerpark spog met drie nuwe onderwysers. Ida Vermaak is 'n gesoute onderwyseres wat reeds in 1991 die onderwysbedryf toegetree het, is nou 'n trotse gr. 3-onderwyser. Luzaan Niehaus geniet al vir vyf jaar die onderwys en het as gr. 3-onderwyser aangesluit  by die Krugie-familie en Monique Marshall het haar onderwysloopbaan op 'n hoogtepunt afgeskop as gr. 2 -onderwyseres.
Die Laerskool Krugerpark spog met drie nuwe onderwysers. Ida Vermaak is ‘n gesoute onderwyseres wat reeds in 1991 die onderwysbedryf toegetree het, is nou ‘n trotse gr. 3-onderwyser. Luzaan Niehaus geniet al vir vyf jaar die onderwys en het as gr. 3-onderwyser aangesluit by die Krugie-familie en Monique Marshall het haar onderwysloopbaan op ‘n hoogtepunt afgeskop as gr. 2 -onderwyseres.
Carpe Diem Christian School verwelkom hulle nuwe onderwysers met ope arms. Rochelle Smit, gr. 0-onderwyser, Bronwyn Marai, gr. 2-assistent, Marieke Burness, gr. 00 onderwyser, Elsabe van Onselen, gr. 1-onderwyser, Monica Gower, gr. 4- tot 7-assistent en Chantel Theron, gr. 0-assistent.  Hulle is almal baie opgewonde om die jaar as lede van die Carpe Diem familie te begin.

Related Articles

Back to top button