Local NewsLocal sport

Brandon: ‘Dié keer neem ek deel vir my ma’

Brandon Kidson is vir ‘n tweede keer gekies om aan ‘n nasionale kompetisie deel te neem, en met die verlies van sy ma, Irma verlede jaar is hy vanjaar vasbeslote om goed te vaar.

POLOKWANE – Alhoewel dit ‘n emosioneel moeilike jaar was vir Brandon Kidson, is hy vir ‘n tweede keer gekies vir die o/23 Suid-Afrikaanse Blackballkampioenskappe, en baie verlig daaroor.

“Tydens verlede jaar se kampioenskappe het ek 30ste uit 64 spelers geëindig en dit is vir my ‘n voorreg om weer gekies te word. Ek leer uit my foute en beoog om hierdie keer meer op die wedstryde te fokus en my strategieë reg te kry.”

Vanjaar se kompetisie is ‘n bittersoet geleentheid vir Brandon aangesien sy ma, Irma, hom nog verlede jaar kon ondersteun. Sy is egter in Oktober in ‘n motorongeluk oorlede en hy het besluit, hierdie jaar is sy fokus op sy ma.

Brandon Kidson.

“Hierdie jaar het ek besluit om nie uit lekkerte aan die kompetisie deel te neem nie, maar ook vir my ma en haar nalatenskap. Verlede jaar was die hoogtepunt die feit dat my familie my ondersteun en dat my ma ongelooflik trots op my was.”

Brandon onthou die enkelspelafdeling wat uiters uitdagend was.

Hy oefen gereeld by Mimosa Klub of by die huis.

“Die kampioenskappe vind plaas vanaf 17 tot 21 April in Durban by die Suncoast Casino. Ek benodig R10 400 om al die uitgawes te dek.”

Jou skenking kan inbetaal word by:

NBF Limpopo
Absa Bank
Rekeningnommer: 4072563975.
Takkode: 632005.
Verwysing: Brandon Kidson asook jou naam of die besigheid se naam.

 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button