Local News

Opknaplysie by huis vir seniors vorder fluks

Die SAVF Martha Hofmeyr Tehuis beskik oor vier sale, met altesaam 89 kamers waarin inwoners geakkommodeer word.

POLOKWANE – Bo en behalwe die demensietuin wat nuwe lewe gekry het by die SAVF Martha Hofmeyr Tehuis, is daar ook ‘n rits ander opknappingsprojekte tans aan die gang – en inwoners en besighede word versoek om finansieel by te dra waar hulle kan.

Daar is ‘n uitverkose ruimte gemaak, vanwaar brandbestrydingstoerusting gereed is om gebruik te word. Volgens die waarnemende bestuurder, Marietjie Smit word die inwoners dikwels gereed gekry vir noodgevalle, soos in die geval van ‘n brand, deur bepaalde prosedures in te oefen.

“Jo-mari Lombaard van JL Style Architectural Designer is ook reeds besig met die opknappingswerk. Sy daag ander besighede in die stad uit om ook by te dra tot die projek. Al die geld wat ons tans inkry gaan vir die opknappingskoste.”

Die verpleegstasie by die ingang van die tehuis se deur kry ook ‘n nuwe baadjie terwyl daar ook opknappingswerk in die kamers gedoen word.

“Sommige kamers kry ‘n badkamer by, met ‘n stort en ‘n toilet  Verfwerk word ook gedoen. Ek sal graag vir al die kamers in saal D ‘n stoep wil aanbou waar die inwoners buite kan sit en die natuur geniet.”

Die brandbestreiding toerusting.

Martha Hofmeyr het 89 kamers wat in vier sale verdeel is. Sale A en B is vir verswakte inwoners, maar wat hulself steeds self kan versorg. Saal C is die verswaktesorgeenheid en Smit sê hulle is besig om ‘n hoësorgeenheid ook in te rig. Saal D is die demensiesaal.

“Ek wil Saal D se eetsaal ook graag opknap. Ons het intussen ook 76 kameras op die terrein geïnstalleer en kan inwoners verseker dat die diens beter is. Ons het ook ‘n kwotasie gekry om ‘n koordlose klokkiestelsel te installeer.”

Marco Schutte van Sub Sahara Solar het gesorg dat daar 30 sonpanele by die SAVF opgerig is.

Intussen word die kombuis uitgekontrakteer en daar word beoog om die Sondag Buffet-etes weer in te stel.
“Ander planne sluit in om ‘n kiosk met eetgoed en koeldrank te begin. Dan wil ek graag die sypaadjie met plaveisel opknap en in Desember wil ek graag ‘n liggiefees hier aanbied.”

Besigheidseienaars word daaraan herinner dat skenkings aan die SAVF Martha Hofmeyr belastingaftrekbaar is.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button