Akademie speel gasheer vir hokkiewedstryde
Volgens Natasha Fourie, skoolhoof van Akademie, is daar nie genoeg leerders by hulle sodat hulle vir die liga kan inskryf nie.
POLOKWANE – Die afgelope week het Akademie Reformia gasheer gespeel vir Pietersburg Laerskool se hokkiespelers. Die drie wedstryde was vriendskaplik en dus was daar nie punte gehou nie.
Die seuns was eerste aan die beurt en het teen PLS se eerste seunshokkiespan te staan gekom.
Daarna het die o/9’s en o/11’s teen PLS se o/11-meisies gespeel. Laastens het PLS se tweede meisieshokkiespanne teen Akademie se o/11- en o/13-meisies te staan gekom.
Daar gaan ook vriendskaplike wedstryde wees teen Mitchell House en Curro Heuwelkruin.
Volgens Natasha Fourie, skoolhoof van Akademie, is daar nie genoeg leerders by hulle sodat hulle vir die liga kan inskryf nie. “Die vriendskaplike wedstryde is dus net sodat die spelers blootstelling kan kry en ook kan speel.”