Local News

Tafelronde-skenkings gee tehuis ‘n hupstoot

Tafelronde Pietersburg 22 het vroeër vanjaar aan 'n MacNab-uitdaging deelgeneem waar hulle in spanne van twee teen mekaar meegeding het.

POLOKWANE – Ouetehuise het talle maandelikse uitgawes waarvoor hulle inkomste bloot nie genoeg is nie, en geld vir ekstras is hulle beslis nie altyd beskore nie.

Dis hier waar die gemeenskap se skenkings ‘n verskil maak sonder dat die skenkers die grootheid daarvan noodwendig besef.

Tafelronde Pietersburg 22 het vroeër vanjaar aan ‘n MacNab-uitdaging deelgeneem waar hulle in spanne van twee teen mekaar meegeding het.

Daar was ses spanne en die opdrag was om ‘n vis te vang, ‘n soogdier te jag en ook ‘n tarentaal te skiet.

Met hierdie uitdaging het die Tafelronde R80 000 ingesamel wat hulle tussen die SAVF Martha Hofmeyr en Ons Tuiste gedeel het.

“Ons beoog om die geld te gebruik om ‘n klokkiestelsel te installeer en om paniekknoppies vir die inwoners van Vergeet-My-Nie aan te koop,” bedank Alfred van der Merwe van die SAVF hulle. By Ons Tuiste het die bestuurder, Carin Meintjes ook haar dank uitgespreek. “Ons is baie dankbaar vir die skenking. Daar is heelwat areas waar ons verbeterings wil aanbring.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button