NewsSchools

Matriekpresteerders vir 2014

MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het. Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid …

MOKOPANE – JAN Gerhard Venter van Hoërskool Piet Potgieter het 11 onderskeidings opgeraap en dit het behoorlik op Bosveld se Facebook-blad gegons soos mense die skakel met sy storie gelees en gedeel het.
Daar is ook ander leerders wat uitgeblink het en vir hulle is dit ‘n bittersoet begin wanneer hulle vandeesmaand met groot opgewondenheid die nuwe avontuur van studentwees aanpak en met groot hartseer die bekendheid van skoolgaan groet.

Dedré Uys verlede jaar se hoofmeisie van Hoërskool Piet Potgieter, het ‘n merkwaardige ses onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal.  “Ek het gehoop vir vier onderskeidings en met ongelooflike dankbaarheid en blydskap het ek ses opgeraap,” sê Dedré. Vir Dedré was elke vak ‘n uitdaging op sy eie manier, maar die wiskundevraestel was die taaiste van die lot. Sy het die lekkerste aan haar Engelse vraestel geskryf.  Hulle het as gesin haar spoguitslae en haar broer se verjaardag in Polokwane gaan vier met ‘n lekker uiteet-bederf. “My raad aan die matrieks vir 2015 is, werk hard, glo in God en wees betrokke by al die skoolaktiwiteite. Dit is die lekkerste tye en die beste herinneringe wat jy vir altyd saam jou gaan dra,” sê Dedré. Sy begin haar nuwe hoofstuk as student by die Universiteit van Noordwes  waar sy B.com finansiële rekenmeesterskap gaan studeer. Dedré sê sy sien die meeste uit na die kos-huislewe, nuwe uitdagings en om uit haar gemaksone te tree.
Dedré Uys verlede jaar se hoofmeisie van Hoërskool Piet Potgieter, het ‘n merkwaardige ses onderskeidings in die matriekeindeksamen behaal. “Ek het gehoop vir vier onderskeidings en met ongelooflike dankbaarheid en blydskap het ek ses opgeraap,” sê Dedré.
Vir Dedré was elke vak ‘n uitdaging op sy eie manier, maar die wiskundevraestel was die taaiste van die lot. Sy het die lekkerste aan haar Engelse vraestel geskryf. Hulle het as gesin haar spoguitslae en haar broer se verjaardag in Polokwane gaan vier met ‘n lekker uiteet-bederf.
“My raad aan die matrieks vir 2015 is, werk hard, glo in God en wees betrokke by al die skoolaktiwiteite. Dit is die lekkerste tye en die beste herinneringe wat jy vir altyd saam jou gaan dra,” sê Dedré.
Sy begin haar nuwe hoofstuk as student by die Universiteit van Noordwes waar sy B.com finansiële rekenmeesterskap gaan studeer. Dedré sê sy sien die meeste uit na die kos-huislewe, nuwe uitdagings en om uit haar gemaksone te tree.
Estee Pretorius van Hoërskool Piet Potgieter sê, “toe ek my uitslae ontvang het, het dit onwerklik gevoel, soos ‘n droom. Dit het eers ingesink toe almal my begin gelukwens. Ek is trots op my vyf onderskeidings.”  Estee vertel dat sy haar uitlslae vol vreugde saam haar ouers gevier het. “Ek moet bieg fisika was vir my die moeilikste vak en ek het die lekkerste aan biologie geskryf.” Estee het wonderlike herinneringe gemaak tydens haar skoolloopbaan en haar raad aan die matrieks van 2015 is, “werk hard van dag een af en moenie agter raak nie. Glo in jouself en weet  dat enige iets  moontlik is saam met God.” Sy sien uit na die saamdrom van studente en die onafhanklikheid wat studentwees haar sal  bied by die Universiteit van Noordwes waar sy aptekerswese gaan studeer.
Estee Pretorius van Hoërskool Piet Potgieter sê, “toe ek my uitslae ontvang het, het dit onwerklik gevoel, soos ‘n droom. Dit het eers ingesink toe almal my begin gelukwens. Ek is trots op my vyf onderskeidings.” Estee vertel dat sy haar uitlslae vol vreugde saam haar ouers gevier het. “Ek moet bieg fisika was vir my die moeilikste vak en ek het die lekkerste aan biologie geskryf.” Estee het wonderlike herinneringe gemaak tydens haar skoolloopbaan en haar raad aan die matrieks van 2015 is, “werk hard van dag een af en moenie agter raak nie. Glo in jouself en weet dat enige iets moontlik is saam met God.”
Sy sien uit na die saamdrom van studente en die onafhanklikheid wat studentwees haar sal bied by die Universiteit van Noordwes waar sy aptekerswese gaan studeer.
“Ek wou natuurlik in al agt my vakke ‘n onderskeiding behaal het, maar ek het vir myself ‘n realistiese doelwit gestel van ‘n minimum van ses onderskeidings en ‘n 70 % gemiddeld vir die ander twee vakke,” sê Johan Senekal van Hoërskool Piet Potgieter.  Johan het met trots sy doelwit bereik en spog met ses onderskeidings. “Ek was uit my vel uit van opgewondenheid en kon weer vir die eerste keer behoorlik asemhaal nadat ek my uitslae ontvang het,” sê hy.  Vir Johan was fisiese wetenskap ‘n riller van ‘n vraestel, maar die rekenaartoepassingstegnologievraestel ‘n lied. “My raad aan die gr. 12’s van 2015 is: waardeer die onderwysers en die ekstra myl wat hulle bereid is om vir jou te loop. Woon die ekstra klasse by, al steek die son skaars sy kop uit. Die spreekwoord is nie verniet, the early bird catches the worm nie,” is die wyse woorde van Johan. Hy verruil die platteland vir die stadsliggies van Pretoria waar hy B.Sc geologie aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. “Ek sien uit daarna om my nuwe lewenshoofstuk met albei hande aangegryp en na die onafhanklikheid wat studentelewe bied.”
“Ek wou natuurlik in al agt my vakke ‘n onderskeiding behaal het, maar ek het vir myself ‘n realistiese doelwit gestel van ‘n minimum van ses onderskeidings en ‘n 70 % gemiddeld vir die ander twee vakke,” sê Johan Senekal van Hoërskool Piet Potgieter.
Johan het met trots sy doelwit bereik en spog met ses onderskeidings. “Ek was uit my vel uit van opgewondenheid en kon weer vir die eerste keer behoorlik asemhaal nadat ek my uitslae ontvang het,” sê hy. Vir Johan was fisiese wetenskap ‘n riller van ‘n vraestel, maar die rekenaartoepassingstegnologievraestel ‘n lied. “My raad aan die gr. 12’s van 2015 is: waardeer die onderwysers en die ekstra myl wat hulle bereid is om vir jou te loop. Woon die ekstra klasse by, al steek die son skaars sy kop uit. Die spreekwoord is nie verniet, the early bird catches the worm nie,” is die wyse woorde van Johan.
Hy verruil die platteland vir die stadsliggies van Pretoria waar hy B.Sc geologie aan die Universiteit van Pretoria gaan studeer. “Ek sien uit daarna om my nuwe lewenshoofstuk met albei hande aangegryp en na die onafhanklikheid wat studentelewe bied.”
Vir Hanru de Vos, matriek leerder van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong, was agt onderskeidings ‘n soete beloning na sy harde werk en voorbereiding gedurende die jaar. “Ons het gehoop vir sewe onderskeidings. Afrikaans was vir Hanru ‘n uitdagende vraestel, maar ons is trots en vol vreugde oor sy agt welverdiende onderskeidings,” sê ‘n trotse Rudolf de Vos, Hanru se pa. Wiskunde was sy gunsteling vak op skool en is een van die redes waarom hy besluit het om ‘n gekwalifiseerde forensiese en geoktrooieerde rekenmeester te word. Hy het klaar vertrek na die  Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, waar hy reeds die avonture van studentwees aanpak.
Vir Hanru de Vos, matriek leerder van Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong, was agt onderskeidings ‘n soete beloning na sy harde werk en voorbereiding gedurende die jaar.
“Ons het gehoop vir sewe onderskeidings. Afrikaans was vir Hanru ‘n uitdagende vraestel, maar ons is trots en vol vreugde oor sy agt welverdiende onderskeidings,” sê ‘n trotse Rudolf de Vos, Hanru se pa. Wiskunde was sy gunsteling vak op skool en is een van die redes waarom hy besluit het om ‘n gekwalifiseerde forensiese en geoktrooieerde rekenmeester te word. Hy het klaar vertrek na die Universiteit van Noordwes se Potchefstroom-kampus, waar hy reeds die avonture van studentwees aanpak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button