Local News

Dis lente – sien só om na jou boslelies

Die plaaslike tuinbouklublede het onlangs meer te wete gekom oor die vele fasette van die cliviaplant, oftewel boslelies.

POLOKWANE – Clivias, oftewel boslelies, hou van skaduwee.

Só het DJ Malan onlangs gesels tydens die maandelikse vergadering van die Pietersburg Tuinbouklub. Malan is die hoof van die Cliviaklub in Limpopo.

“Clivias hou van skaduwee. Plant die clivia in daardie deel van jou tuin waar niks wil groei nie. In die stede in Japan, Sjina en al daardie plekke is daar nie meer huise met tuine nie, en dus teel ons die clivias kleiner, sodat die kleiner tuine ook geakkommodeer kan word. Clivias kan baie goed binnenshuis groei, iets wat min ander plante kan doen.”

Hy het die volgende raad gegee:

Saad:
“In die natuur ontkiem die sade baie goed aangesien die voëls help om die buitenste velletjie daarvan af te haal. In jou tuin gebeur dit nie, dus moet jy dit doen. Pak dan die saad bo-op die grond en maak dit nat. Moenie dit met grond toegooi nie. Clivias se wortels wil nie water hê nie, dus moet die grond maklik kan dreineer. Moet dit nie in die natste deel van jou tuin plant nie.

Vyand:
Die amarillawurm is ‘n groot vyand vir die clivia.
Malan verduidelik die amarillamot is klein en bruin: “Hulle vlieg in die nag na die clivias toe en lê hulle eiers op en selfs in die blare. Wanneer die wurms uitbroei, vreet hulle die plant heeltemal op. Hulle kan tot die kroon opvreet en dan is die plant onredbaar.

Voeding:
“Clivias hou van voeding. Hoe meer aandag, met ander woorde voeding, hoe meer blomme gee hy vir jou. As jy vir hom min aandag gee gaan hy nie noodwendig doodgaan nie, maar hy gaan vir jou minder blomme gee.”

Verwydering van babaplante vanaf die moederplant.

“Die baba-plant is ‘n kloon van die moederplant en sal net soos hy lyk. Wag tot die plant ongeveer 10 blare het voor jy dit wil uitplant, aangesien dit sal doodgaan as daar minder plante is. Probeer om die wond, waar hy na-aan die moederplant is, klein te hou. As dit fisies teen die stam is, los hom eerder. Jy kan die baba-plant op enige plek plant solank daar goeie dreinering is. Hulle moet ook nog beskerm word teen die elemente, anders gaan hulle dood.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button