NewsSchools

Louis Trichardt matrikulante juig oor eindeksamenuitslae

Hoërskool Louis Trichardt se waarnemende skoolhoof, Theo Muller het aan Review gesê voorlopige syfers het getoon dat die klas van 2014 altesaam 165 onderskeidings behaal het.

LOUIS TRICHARDT – Die vreugdevure het verlede week hoog gebrand toe die matriekuitslae bekendgemaak is.

Soos gewoonlik het die matrikulante van Hoërskool Louis Trichardt hulle skool en gemeenskap baie trots gemaak met ‘n algehele slaagsyfer van 97,1%. Slegs vyf van die 173 Triegies wat die gr.12-eindeksamen geskryf het, het nie geslaag nie.

Hoërskool Louis Trichardt se waarnemende skoolhoof, Theo Muller, het verlede Dinsdag die departement van onderwys se matriekprysuitdeling in Polokwane bygewoon. Hy het vertel dat hy by hierdie geleentheid gehoor het dat Hoërskool Louis Trichardt die 12de beste gevaar het van al die voormalige model-C skole in Limpopo.

Muller het aan Review gesê voorlopige syfers het getoon dat die klas van 2014 altesaam 165 onderskeidings behaal het.

In 2013 het Hoërskool Louis Trichardt ‘n 89,2% slaagsyfer gehad met 18 leerders wat nie die eindeksamen geslaag het nie. Die skool toon dus ‘n verbetering van 7,9 persentasiepunte.

Andries Louw was die Triegies se topmatrikulant met sewe onderskeidings. Hy het aan Review vertel dat hy vanjaar ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria sal studeer.

Die CVO-skool Zoutpansberg het ‘n 100% matriekslaagsyfer behaal.

Related Articles

Back to top button