Local sport

Polokwane sibbe slaan slag met skeie

Druan and Ansonel Venter het in die afgelope vakansie in Windhoek aan die Namibiese Jukskei Ope deelgeneem.

POLOKWANE – Nadat Druan Venter (16) destyds in gr. 1 by Oosskool gesien het hoe jukskeispelers oefen, het die gogga hom byna dadelik beetgekry.

“Ek was by die skool terwyl my sussie, Ansonel (nou 18) hokkie geoefen het, en het vir my ma gevra hoe jukskei werk. Sy het die reëls vir my verduidelik, en daarna het sy en my ouma oor ‘n naweek vir ons gewys hoe dit werk ook. Die volgende Maandag het ons aan die proewe deelgeneem.”

Dié sibbe het in die afgelope vakansie in Windhoek aan die Namibiese Jukskei Ope deelgeneem.

Druan Venter in aksie.

Dit was Ansonel se derde keer wat sy vir dié toerspan gekies is, maar die eerste toer was gekanselleer vanweë die Covid-19 pandemie. Dus was vanjaar haar tweede toer.

Druan het ook in die verlede aan die kompetisie deelgeneem en sê hierdie jaar was dit glad nie so uitdagend soos in die verlede nie.

“Ons span het ‘n tweede plek behaal, maar die lekkerste is om te weet ons het teen Namibië gewen.”

Ansonel Venter konsentreer.

Ansonel was ook vir Namibië se o/30-vrouespan gekies wat teen Suid-Afrika se o/30-vrouespan verloor het.

“Die kompetisie was soos gewoonlik sterk, maar hierdie jaar was daar heelwat meer jong mense wat gespeel het.”

Beide Ansonel en Druan sê die vriendskapsbande wat hulle deur jukskei smee, is beslis die lekkerste deel van die sport.

“Dit is ook lekker om die sport met Druan te deel want jy het altyd iemand wat jou motiveer en ondersteun,” sê Ansonel.

Volgende jukskeikompetisies:

• Skoleliga: 26 Augustus.

• Skole Noordvaal: September (Gauteng).

• Bondedag in Gauteng: 14 Oktober.

• SA Junior kampioenskappe in Kroonstad: 9-15 Desember.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button