Schools

Medalje-aand vir PLS se rugbybulletjies

By Pietersburg Laerskool is die o/8-span se medaljes na elke wedstryd vir drie jaar veilig by die skool gehou, en Saterdagaand tydens 'n spesiale geleentheid is dit aan hulle oorhandig.

POLOKWANE – ‘n Gebeurtenis waarna menige seun-ouer uitsien op die wintersportkalender, is hulle bulletjie se eerste rugbywedstryd.

Die o/6-seuns draf trots op die veld en speel hulle harte behoorlik uit danksy die hulp van ouers en afrigters.

Die daaropvolgende jaar, wanneer hulle o/7 is, word dié wedstryde voorgesit en voordat hulle besef hoe vinnig die tyd uitloop kan hulle as o/8-spelers vir die laaste jaar aan bulletjierugby deelneem.

Van die o/8-spelers met hulle trofeë.

Die seuns kry oor dié driejaartydperk ‘n medalje met elke wedstryd wat hulle speel.

By Pietersburg Laerskool is die o/8-span se medaljes na elke wedstryd vir drie jaar veilig by die skool gehou, en Saterdagaand tydens ‘n spesiale geleentheid is dit aan hulle oorhandig.

Die ouers en afrigters van dié spanne het besluit om die aand aan te bied sodat elke speler spesiaal kan voel. Die spelers het hulle medaljes, sertifikate, trofeë en geskenkpakkies ontvang, danksy die harde werk en toewyding van afrigters Toon (Oupa) Duvenhage, Juan de Beer, Johan Duvenhage, Werner Schutte, James McGeer en Luaan Schimper.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button