Local News

Insiggewende praatjie oor besigheid en vernuf

Verlede week het die Ring van Pietersburg/Polokwane se N.G.-gemeentes saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en die Universiteit van Pretoria 'n entrepreneurskursus aangebied.

POLOKWANE – Met ‘n werkloosheidsyfer van net duskant 33% is daar vele Suid-Afrikaners wat besluit om ‘n besigheid te begin.

Talle van hierdie entrepreneurs is egter nie altyd ingelig van die uitdagings wat met so ‘n stap gepaardgaan nie, en sonder die nodige voorbereiding vou die besigheid kort voor lank.

Verlede week het die Ring van Pietersburg/Polokwane se N.G.-gemeentes saam met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) en die Universiteit van Pretoria ‘n entrepreneurskursus aangebied en vir kursusgangers die geleentheid gegee om hulle besigheidsvernuf te ontdek en te verbeter.

Die kursus is aangebied deur prof. Jurie van Vuuren, ‘n dosent in entrepeneurskap aan die departement ondernemingsbestuur aan die Universiteit van Pretoria.

“Na afloop van die kurus kan die studente hulle eie besigheid begin, sou hulle finansiering kan bekom. Almal het die geleentheid gehad om ‘n voorleging te doen wat as prakties tel en geassesseer is. Hierna kry hulle sertifikate van voltooing van die kursus,” het hy opgemerk.

Onderwerpe wat behandel is, sluit in die beginsels van entrepreneurskap, kleinbesigheidsbestuur, besigheidstrategieë, bemarking en besigheidsplanne.

“Die doel van die kursus is om mense opgewonde te maak oor die vooruitsig om hulle eie besigheid te begin. Daar is ook gefokus op kreatiwiteit, innovering en om potensiaal te identifiseer. Belangrike aspekte soos finansies, die mark en die verkoopproses is ook deel van die kursus.” Van Vuuren sê slegs 10-15% van besighede wat begin, bestaan steeds drie jaar na dit van die grond af gekom het. Hoe ouer ‘n mens raak, hoe minder riskant is jy gewoonlik. My raad is om jou besigheid te begin, maar om wyse besluite te neem.”

Ds. Tjaart Meyer van die N.G Kremetart (voormalige N.G. Kerk Pietersburg-Oos), het van Vuuren namens die Ring bedank.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button