Local News

Hulle breiwerk sorg vir knus en warm babas

Die inwoners van Ons Tuiste - nie almal vergete nie - het ‘n brei-en-hekelgroep gestig met die doel om klere, mussies, kouse, komberse en spoegdoeke vir die babas van Ngwana Babahuis te maak.

POLOKWANE – In elke ouetehuis is daar bejaardes wat kwalik besoek word, terwyl daar aan die ander kant van die spektrum talle babas is wie se ouers nie vir hulle kan sorg nie en dan ‘n veilige hawe moet vind by ‘n plek van veiligheid.

Dié twee groepe se belange is onlangs deur ‘n projek van Ons Tuiste bymekaargebring.

Die inwoners van Ons Tuiste – nie almal vergete nie – het ‘n brei-en-hekelgroep gestig met die doel om klere, mussies, kouse, komberse en spoegdoeke vir die babas van Ngwana Babahuis te maak.

Die plan het sy oorsprong in Pretoria waar ‘n organisasie sonder winsbejag, Grannies Who Care, vir pasgebore babas hekel en brei.

In Polokwane het 13 tannies van Ons Tuiste besluit om iets soortsgelyks aan te pak. Ongeveer ses weke gelede het hulle begin brei en hekel en gou-gou was daar reeds meer as genoeg klere.

Daar is besluit om die klere vir Ngwana Babahuis te gee en dan sommer daar tyd met die babas deur te bring.

Dorothy Ika (74) is een van Ons Tuiste se werkers en het help hekel aan die babaklere.

Volgens Louise Snyman, projekbestuurder van Ngwana Babahuis, word veral babas wat fisiek mishandel was, by dié tehuis versorg.

“Geld kan nie hierdie skenkings koop nie, want dit is net met liefde gebrei. Ons is afhanklik van skenkings en vrywilligers om te help met die babas en hulle behoeftes. Doeke en formulemelk is van die belangrikste items wat ons benodig.”

Carin Meintjes, bestuurder by Ons Tuiste sê die tannies én werkers van die projek het dit ewe veel geniet.

“Dorothy Ika is ‘n werker by Ons Tuiste en het elke dag oor middagete gesit en hekel. Sy is 74 jaar oud.”

Die Rotariërklub Pietersburg 100 se Ann’s het die wol vir die projek geskenk.

“Ons het wel nog baie wol nodig en sal skenkings opreg waardeer. Ons volgende projek is om mussies vir die kinders in die Tough Living With Cancer (TLC) saal by die Pietersburg Hospitaal te brei,” het Meintjes afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button