Schools

Goud vir PHS in DSTV-netbalreeks

Pietersburg Hoërskool het Saterdag gasheer gespeel vir die DSTV Skolenetbalreeks en uitstekend gevaar.

POLOKWANE – Pietersburg Hoërskool (PHS) het Saterdag gasheer gespeel vir die DSTV Skolenetbalreeks en uitstekend gevaar.

Waar hulle in die Botho-stroom vir stadskole meeding, het die u/19’s eerste vir die span van Hlabi ‘n netballes gegee met ‘n telling van 24-9 en daarna het hulle met ‘n telling van 17-2 met Ellisras afgereken.

Kayla de Villiers and Mia Alberts stap terug van die doelpaal af.
Mia Alberts het beheer oor die bal.

PHS se volgende slagoffer was Khaiso, wat met 50-0 verloor het, en daarna Hans Strijdom in die kwarteindstyd met 25-6.

Joné Potgieter van PHS soek ‘n spanmaat.

Capricorn byt in die stof in die halfeindstryd met ‘n verlies van 17-15, waarna die Pieties deurdring na die eindstryd, om daar met die meisies van HTS Tom Naudé met ‘n telling van 23-11 af te reken en met goud om die nek huis toe te gaan.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button