Schools

Osienetbal span kroon op topseisoen

Oosskool se eerste span (o/13) het as wenners van die Capricorndistrik uit die stryd getree, met Noordskool in die tweede plek.

POLOKWANE – Die laaste rondes van die Botho netbaldistrikskampioenskappe is Donderdag by Oosskool gehou, waar die o/12- en o/13-spanne van Laerskool Piet Hugo, Oosskool, Pietersburg Laerskool, Noordskool, Laerskool Louis Trichardt en Laerskool Messina teen mekaar te staan gekom het.

Oosskool se eerste span (o/13) het as wenners van die Capricorndistrik uit die stryd getree, met Noordskool in die tweede plek.

Ooskool se o/13-span asook Noordskool se o/12- en o/13-spanne neem op 9 en 10 Junie deel aan die Limpopo Kampioenskappe by PHS.

Ooskool se o/12A-span het in die kwarteindronde teen Musina te staan gekom en die wedstryd 9-4 gewen.

Anuschka Deyzel van Oosskool is gereed om die bal uit te gooi.
Chantell Khalushi van Piet Hugo gooi die bal vir ‘n spanmaat voor die wedstryd kan voorgaan.

Hulle speel in die semi-finaal teen Noordskool, waar Noordskool 10-3 wen.

Tydens die finaal vir derde of vierde plek speel hulle teen Louis Trichardt en verloor dié wedstryd. Hierdie span eindig vierde in die Capricorndistrik.

Carla Brits van PLS draai haar rug op haar teenstander en gooi die bal.
Dimpho Mokoena van Noorsdskool vang die bal en behou haar balans sodat sy ‘n doel kan gooi.

Noordskool se o/12-span se eerste wedstryd was teen Oosskool, waar hulle met 10-3 wen. Daarna speel hulle teen PLS en wen 15-9.

Oosskool se o/13-span speel in die semi-finaal teen PLS en wen 11-7. Hulle speel in die finaal vir eerste en tweede plek teen Noordskool en wen 13-7.

Makwena Duba van Noordskool soek na ‘n spanmaat om die bal voor te gooi.
Uhone Mulaudzi van Piet Hugo spring om die bal te vang.

Noordskool se o/13-span speel hulle eerste wedstryd teen Piet Hugo, en wen 31-2.

Daarna kom hulle in die semi-finaal te staan teen Louis Trichardt en stap weereens met die wentitel weg met ‘n telling van 18-8. In die eindstryd speel hulle teen Oosskool, maar moet tevrede wees met ‘n tweede plek na ‘n telling van 13-7.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button