Schools

PHS sê spesiaal dankie aan boere

Op 3 Februarie was Bedank 'n Boerdag gevier en by Hoërskool Pietersburg is twee boere van die omgewing bedank vir hulle bydra tot Suid-Afrika se voedselsekerheid.

POLOKWANE – Meeste mense ken die woorde ‘as jy vandag geëet het, bedank ‘n boer’.

Op 3 Februarie was Bedank ‘n Boerdag gevier en by Hoërskool Pietersburg is twee boere van die omgewing bedank vir hulle bydra tot Suid-Afrika se voedselsekerheid.

Die Pietieraad se Cara van den Goot en Dewan Gobey het die boere, Hannes Wolfaardt en Peter Moroka, verwelkom en bietjie meer van boere vir die skool vertel.

“Dit is in uiters moeilike omstandighede waarin boere in Suid-Afrika boer. Hulle is nie net totaal afhanklik van die natuur soos reën en droogte nie, maar moet stry teen ekonomiese uitdagings soos pryse wat styg van diesel, kunsmis, gif en lone,” sê Cara.

Niel voeg by die veiligheidskwessie waarmee boere te doen kry, soos plaasmoorde en plaasaanvalle wat ‘n daaglikse realiteit is, beïnvloed hulle boerderye.

Hannes is van Giyani en is verlede jaar vir die tweede keer as Agri Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys. Hy en sy broer, Riaan, het in 2011 met rissies begin boer en vandag bied hulle werk aan 500 mense. Hulle het ook tamaties en sitrus tot die boerdery bygevoeg.

“Dankie PHS vir hierdie geleentheid. Mense dink daar is nie hoop in Suid-Afrika nie, maar daar is. As jy bereid is om hard te werk, gaan jy goeie geleenthede kry en dan het jy ‘n toekoms in Suid-Afrika.”

Peter het sy vriend en kollega, Thaluki Ngoepe, saamgebring vir die verrigtinge. Peter boer met beeste en verteenwoordig die Rooivleis Produsente Organisasie.

Hy boer in die Ga-Selekastreek in Noordwes Limpopo. Hy het in 2015 besluit om sy passie te volg en met beeste begin boer.

“Baie dankie vir vandag. Om te boer is ‘n epiese werk. Ons is opsoek na jong boere wat saam met ons kan boer,” sê Peter.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button