Schools

Reffies deel trofeë uit

Leerders van Akademie Reformia het vroeër die maand aan die jaarlikse Bokkesport deelgeneem.

POLOKWANE – Leerders van Akademie Reformia het vroeër die maand aan die jaarlikse Bokkesport deelgeneem.

Leerders wat besonders goed gevaar het, is beloon tydens opening verlede Maandag.

• Junior sport seun: Word gedeel deur Blake Owen en Francois Fourie.

Blake Owen en Francois Fourie deel die mees sportiewe junior seun trofee. By hulle is Elza Janse van Rensburg.

• Junior sport meisie: Word gedeel deur Lize Combrink en Nika de Witt.

Lize Combrink en Nika de Witt deel die mees sportiewe dogter trofee. By hulle is Elza Janse van Rensburg.

• Senior sport meisies: Karmi Fourie het twee rekords verbeter.

Karmi Fourie word aangewys as die sportmeisie van die jaar met twee rekords wat sy gebreek het. By haar is Elza Janse van Rensburg.

• Senior sport seun: Jacobus Brits.

Jacobus Brits word aangewys as senior sportseun. By hom is Elza Janse van Rensburg.

Die Rooibokspan stap ook weg met die wenbeker vir die meeste gees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button