Local News

PLS-leerders ryg medaljes in by Bokkesport

PLS se atletiekbaan en -veld was in rooi, wit en blou getooi vir die jaarlikse Bokkesport waar die leerders in span- en ouderdomsverband deelgeneem het.

POLOKWANE – Alhoewel Pietersburg Laerskool op elke area ‘n eenheid vorm, het hulle Vrydagoggend in drie verdeel vir die jaarlikse bokkesport.

Om die groepe uitmekaar te ken, is daar ‘n kleur aan elke groep toegewys.

Die een groep was rooi, die ander een blou en die laaste wit.

Sien ook: FOTO’S: Bokkesport lei na groot pret by PLS

Die leerders moes in span-, maar ook ouderdomsverband, teen mekaar deelneem om punte te behaal.

Items waaraan die junior fase en intermediêre fase leerders kon deelneem was hoogspring, verspring, diskus, hekkies, naellope en langafstande.

Terwyl die musiek vrolik oor die luidsprekers speel word die wenners na elke item aangekondig en met ‘n medalje vereer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button