Local News

Janus se storie is een van ‘opstaan en aangaan in afhanklikheid’

Janus van der Westhuizen het nog 'n lang herstelpad wat voorlê na sy motorfietsongeluk, wat 'n veloorplantig en rehabilitasie insluit.

POLOKWANE – Minder as ‘n maand voor Janus van der Westhuizen se 31ste verjaarsdag was hy in ‘n motorfietsongeluk betrokke waarin hy ernstig beseer is.

Janus is ‘n motorfietsryer en was op pad huis toe, toe sy lewe in ‘n oogwink verander het.

“Ek was op pad huis toe op 7 September en het soos gewoonlik in Potgieterrylaan in die rigting van Devenishstraat gery. By die kruising van Generaal Viljoenstraat en Potgieterylaan het die bestuurder van ‘n ander voertuig voor my ingedraai,” onthou hy.

Janus se linkergewrig is vergruis en sy regterfemur is gebreek.

Hy het ook ‘n groot oop wond aan sy regterbobeen opgedoen.

“My linkerelmboog was ontwrig en het by my vel uitgesteek. Met my eerste operasie is ‘n pen in my femur gesit asook vier penne in my hand en gewrig. Die wond op my been is ook skoongemaak.”

Na die eerste keer in teater moes Janus ses keer teruggaan sodat die wond skoongemaak kan word.

“Daar lê nog vele operasies voor om die wond skoon te maak ter voorbereiding vir ‘n veloorplanting. Ek sal ook vir rehabilitasie moet gaan. As gevolg van die erns van my beserings is ek in erge pyn, maar dit word darem met medikasie beheer. Ek is dankbaar ek leef en het nie hoofbeserings opgedoen nie. Ek het wel baie pyn en ongemak, maar ek is positief en vat dit dag vir dag. My storie is ‘n storie van opstaan en aangaan in afhanklikheid, die Here is vir my baie goed.”

Janus se mediese fonds is uitgeput en daar is baie dokters- en spesialisrekeninge nog uitstaande.

Noordgemeente Familie van Omgee, waar hy ‘n dromspeler is in die musiekbediening, het ‘n trust gestig waar lesers ‘n bydrae kan maak.

Bankbesonderhede:

Henstock Van den Heever Trustrekening

ABSA

Takkode: 632005

Tjekrekeningnommer: 1030660109

Verwysing: AV001464

Dit is baie belangrik om bogenoemde verwysingsnommer te gebruik.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button