Local NewsSchools

Oosskool se Spore Produksie vertolk 50 jaar van sukses

Oosskoolleerders het na weke se oefen hulle harte uitgedans en -gesing om die afgelope 50 jaar op die beste manier moontlik uit te beeld.

POLOKWANE – Die Spore revueproduksie wat Oosskool die afgelope twee weke op die planke gebring het, is ‘n nostalgiese kykie na die skool se 50ste bestaansjaar, oftewel jubeljaar.

Ouers, ondersteuners en vriende van Oosskool het gaan toustaan om kaartjies vir die uitmuntende produksie te kry.

Talle spore is die afgelope 50 jaar diep getrap by die skool, onder meer spore van kennis, wysheid, respek, integriteit, toegewydheid en lojaliteit.

Tydens Oosskool se Spore Produksie 2022 het leerders die gehoor deur 50 jaar se pret en plesier, uitdagings en herinneringe geneem.

Elke graad het ‘n deel van die 50 jaar deur middel van danspassies uitgebeeld – van die beginjare waar die skool gebou is, tot die eerste saalopening, die tegnologiejare wat aangebreek het, en selfs die eerste inbraak by die skool, is opgevoer.

Altetiekdae, sportwedstryde en die skool se verjaarsdag het die gehoor in vervoering gehad, soos gr. R- tot gr. 7-leerders die gehoor betower het.

Daar is selfs uitgebeeld hoe die eerste tentedorp, Kalanderfees en ‘n nuwe gelukbringer, Nonna, tot stand gekom het, terwyl die studenteonderwysers hulle behoorlik van hulle taak gekwyt het met hulle eiesoortige dansbydrae.

Die revue is dan ook afgesluit met ‘n spesiale gedenkboodskap van bekende Afrikaanse kunstenaar, Snotkop, oftewel Francois Henning.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button