Schools

Spanne sê mekaar die stryd aan tydens jaarlikse fees

Dit was weer tyd vir die jaarlikse PHS Blitz Fees en hoërskole en laerskole het die geleentheid met albei hande gegryp om met hulle talent in hokkie, netbal en rugby te spog.

POLOKWANE – Die beste sportmanne en -vroue van skole in Limpopo het in hulle spanne voor mekaar te staan gekom op Hoërskool Pietersburg se velde en bane op 3 September.

Dit was weer tyd vir die jaarlikse PHS Blitz Fees en hoërskole en laerskole het die geleentheid met albei hande gegryp om met hulle talent in hokkie, netbal en rugby te spog.

Natalie Moreira van Oosskool dribbel die bal.

Meeste rugbywedstryde het in titaniese stryde ontaard, waarvan die o/15-span van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé koning in hulle ouderdomsgroep gekraai het. Tussen die o/17-manne het dié van PHS die trofee huis toe gevat.

Fortune Morudu van Northern Academy gee sy beste op die veld.

PHS rugby-afrigter Pieter Roodt sê hulle hoop om vir die Noordvaal Rugbytoernooi te kwalifiseer met die wedstryde wat die naweek gespeel was.

“Ons spanne het goed gespeel in die fees. Die spelers het dit geniet om teen mekaar te speel en die sewesrugby was taai gewees. Die naweek gaan ons weer ‘n sewestoernooi teen Hoërskool Merensky speel en ons hoop dat dit sal goed gaan,” voeg hy by.

Mmile Mahlako van Northern Academy in aksie.

Northern Academy High School se sporthoof, Oliver Moorcroft, sê dat hy tevrede is met sy spanne, al het hulle nie met enige podiumplekke dié keer weggestap het nie.

“Ons doel met die toernooi was om rugby by ons skool te bemark. Alhoewel daar nog aan tegnieke geskaaf kan word, het die spanne goed gedoen. Ons sal die spelers se vaardighede met tyd verbeter,” noem Moorcroft.

Hanyani Malumbete van Noorderland in aksie op die hokkieveld.

Die laerskoolrugby het ook beïndruk, waarvan Noordskool gewen het. Oosskool het tweede plek verower en Laerskool Louis Trichardt moes tevrede wees met derde plek.

Michelle van der Westhuizen, Oosskool se hokkie-afrigter, sê dat die toernooi goeie voorbereiding was vir hulle Limpopo hokkieligawedstryd teen Laerskool Tzaneen op 10 September.

Nela Gerson van Oosskool konsentreer op die bal.

“Die wedstryd was baie belangrik vir ons, en ons het elke geleentheid aangegryp om onsself te staal teen die tawwe kompetiese. Die fees het ook gesorg vir groot pret vir die spelers,” verduidelik sy.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button