Schools galleries

Fast 5 netbaltoernooi laat tekkies brand op die baan

Netbalspanne van verskeie skole het mekaar die stryd aangesê om te kyk wie as wenner by dié jaarlikse toernooi gaan uittree.

POLOKWANE – Dit was weer tyd vir vinnige voete en flink dink tydens die Fast 5 netbaltoernooi wat die afgelope naweek by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied was.

Altesaam 14 skole het deelgeneem in die hoop om as wenners aangewys te word.

Pryse was uitgedeel aan spanne wat die meeste moeite met hulle uitrustings gedoen het, en ‘n toekenning vir meisie van die wedstryd was op die spel.

Die name waaronder die spanne ingeskryf het was ook hulle eie inisiatief en nie die skool se regte spanname nie.

Plaaslike skole wat deelgeneem het sluit in Hoërskool Pietersburg, Tom Naudé, Curro Heuwelkruin, Hoërskool Noorderland, PEMPS, Capricorn High School, Pietersburg Laerskool en Laerskool Pietersburg-Noord.

Die wenners vir die dag was met die spanne se doelgemiddeld bepaal, en elke wedstryd het uit vier kwarte van vyf minute elk bestaan.

Hoërskool wenners:
1. Venus Vixens (PHS)
2. Shining Stars (PHS)
3. Swifts (Ben Vorster)

Laerskool wenners:
1. Noortjie Ninjas (Noordskool)

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button