‘n Maand om dankie te sê
Hierdie Vrouemaand het die Polokwane Observer vir inwoners gevra wie dié vrou is wat vir hulle die meeste beteken en hoekom.
POLOKWANE – Daar is vele maniere om ‘n vrou te bederf. Of dit nou ‘n sjokolade op die kopkussing is of ‘n bos blomme nadat jy laat van die werk af kom, kan mens altyd ‘n manier kry om dankie te sê.
Baie mense sal sê dat ‘n besoek aan ‘n spa of ‘n naweek weg saam met vriende ‘n goeie manier is om haar te bederf. Maar vra enige vrou hoe jy jou dankbaarheid aan haar kan bewys, sal die moontlike antwoord iets soos ‘sê dit net vir my’ klink.
Die vraag is dan hoe sê ‘n mens dankie sonder woorde? Sommiges meen die beste is om te besluit om die kosmaakpligte oor te neem, of om die kinders te versorg terwyl sy kos- en skoonmaak. Ander raai aan om haar te vat vir ‘n aand uit terwyl ouma na boetie en sussie kyk, of om vir haar ‘n bad te tap as jy sien dat sy ‘n moeilike dag agter die rug het.
‘n Paar mense wat dit gewaag het om raad uit te deel sê ‘n mens moet onthou watter stories sy jou vertel en van belangrike afsprake wat sy het, en herinner blomme gaan dood en sjokolade word opgeëet, maar ‘n bewys van dankbaarheid hou vir ewig.
Een ding is wel gewis; meeste mense is met goeie rede dankbaar vir ‘n spesifieke vrou in hulle lewe.
Hierdie Vrouemaand het die Polokwane Observer vir inwoners gevra wie dié vrou is wat vir hulle die meeste beteken en hoekom.