Local sportSport

Shelanti Ryskool se ruiters skitter by springskou

DIE ruiters van Shelanti Ryskool het onlangs aan die Kersskou by die New Dawn Perd-ryakademie in Polokwane deelgeneem.

MOKOPANE – DIE ruiters van Shelanti Ryskool het onlangs aan die Kersskou by die New Dawn Perd-ryakademie in Polokwane deelgeneem.

Franzelle Fourie op Ejazz het ‘n derde plek in die 80cm-afdeling behaal.

Elzaan Labuschagne op Khan en Maryna Oosthuizen op Keanu het elk skoonrondes in die 80- en 90cm-afdelings behaal.

“Daar gaan heelwat verrassings vir perdeliefhebbers wees volgende jaar,” het Ansie Labuschagne, lid van Shelanti Ryskool, gesĂȘ.

Die skool beplan om vroeg in die nuwejaar ‘n skou op die plaaslike skouterrein aan te bied en die ruiters van die Shelanti ryskool gaan in verskillende dissiplines kompeteer.

Vir verdere inligting oor Shelanti Ryskool skakel Stefani Alberts by 078 214 6687.

Related Articles

Back to top button