Local sportSport

Limpopo se ringbalspelers wys hulle slag by nasionale toernooi

Spelers het met gemengde welslae tydens die week-lange Nasionale Ringbal Toernooi in Pretoria weggestap.

POLOKWANE – Provinsiale ringbalspelers het onlangs met ‘n paar bloukolle en af nerwe by die huis opgedaag.

Hierdie merke was egter nie tevergeefs nie, aangesien hierdie spelers met gemengde welslae tydens die week-lange Nasionale Ringbal Toernooi weggestap het.

Die toernooi is in Julie in Pretoria gehou en is die laaste toernooi vir die seisoen.

Slide 1 |

Spelers van die o/11-span. Jannes Becker, LJ van Dyk en JP Coetzee saam met spanbestuurder Petrus Coetzee.
Slide 2 |

Kyle van Kraayenburg (o/20), Christine Retief (o/20) en Darius van Dyk (veteraan) speel vir Gauteng-Noord.
Slide 3 |

Die o/15-span se spelers Zulicne Wocke, Leandri Kilian en Mieke van der Westhuizen.

    Petrus Coetzee, die spanbestuurder van die gekombineerde o/11- en o/13-span, sê daar is vyf spanne uit Limpopo wat deelgeneem het.

    “Van ons spelers moes in Gauteng-Noordspanne deelneem aangesien ons nie spanne het vir hulle ouderdomsgroepe nie. Ons is trots op almal.” Petrus en sy span spog met ‘n silwer medalje terwyl Lee van Kraayenburg, die spanbestuurder van die o/17-span, met ‘n goue medalje spog. Lee is gekies as die spanbestuurder vir die Suid-Afrikaanse o/20-uitnodigingsspan, terwyl die Limpopo o/17-span se onderkaptein, Dirk Lourens, in die Suid-Afrikaanse o/17-uitnodigingsspan opgeneem is.

    Tanja van Heerden neem deel in die veterane se vrouespan. Afwesig: Johanna Troskie.
    Lee van Kraayenburg en Dirk Lourens.

    Christine Retief, een van die spelers wat in die o/20-vroue Gauteng-Noordspan speel, sê dit was ‘n aangename toernooi. “Dit was ‘n baie lekker toernooi en ons het soos altyd mense ontmoet en vriende gemaak. Ek sien uit na ons volgende toernooi en wedstryde.”

    Na ‘n paar dae se rus sal die spelers weer voorberei vir die vertoonwedstryde wat later die jaar gaan plaasvind.

    For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

    Related Articles

    Back to top button