Local NewsNews

Diereliefhebber Stephan help graag vierpotige vriende

Stephan Visser, 'n gr. 4-leerder van Pietersburg Laerskool, is 'n vrywilliger by The Charlie Project.

POLOKWANE – Stephan Visser se gesig helder op toe ‘n baba kat skielik op sy skouer spring. “Kyk wat doen hy, Mamma,” roep hy vrolik uit.

Stephan en sy ma, Stephanie, kuier by The Charlie Project se katskuiling op Dalmada. Hier word katte wat van die strate en ‘n gewisse dood gered word, versorg tot hulle nuwe huise kry.

Stephan is ‘n gr. 4-leerder by Pietersburg Laerskool en sê sy ouma het hom aan die kat-familie kom voorstel. “My ouma het my saamgebring toe sy vir die baba katte kom kosgee het. Sy weet ek is baie lief vir diere en toe vra sy vir tannie Sonica Fritz of ek as vrywilliger hier kan werk.”

Op hierdie stadium help Stephan om vir die katte kos te gee en hulle sandbakke skoon te maak. Wanneer daar baba katte by die skuiling is, help hy ook graag daarmee.

“Daar waar ons bly mag ons nie katte aanhou nie, so hierdie katte is soos my eie. Ons probeer om elke naweek hier uit te kom. Ek wil graag eendag ‘n veearts wees.”

Stephanie sê Stephan is doof in sy regteroor na hy pampoentjies as kind opgedoen het. Hy is ook met disleksie gediagnoseer. “Ek het agtergekom die katte is ‘n vorm van terapie vir Stephan. Hy verpes dit as mense diere mishandel en vra gereeld of ons nie ook diere kan aanhou nie.”

Stephan se liefde vir katte strek tot in sy klerekas en hy spog graag met die katprentjies op sy kouse.

Lees meer oor The Charlie Project se katskuiling in vandeesweek se Polokwane Observer.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button