Local NewsNews

Franja eersdaags te sien by die Winterfees

Franja sal op 4 Junie by die Winterfees op die verhoog te sien wees met treffers soos Bring dit, Musiek in my Ore en My Lief.

POLOKWANE – Franja du Plessis het, nes haar ma, Juanita, bykans oornag bekendheid verwerf met haar debut album, My Verhaal in 2016.

Franja sal op 3 Junie by die Winterfees op die verhoog te sien wees met treffers soos Bring dit, Musiek in my Ore en My Lief. Sy het reeds op skool aan talent- en musiekblyspelle deelgeneem en in haar gr. 12-jaar was sy in die hoofrol van haar revue. Sy was ook al deel van produksies soos Afrikaans is Groot en Gospel Skouspel in 2013.

Sy maak haar grootskermdebut in die fliek As jy Sing en het ‘n liedjie, In twee geskeur spesiaal vir die film geskryf. Franja is ook die skrywer van sommige van Juanita se treffers soos Om jou pinkie, Aanhou om aan te hou en Hou op soek.

Sy het na haar skoolloopbaan musiek en produksie aan die Berkley Universiteit in California, VSA studeer.

Behalwe vir haar musiek, hou Franja ook van sport soos atletiek, netbal en sagtebal.

Haar tweede album, Hittegolf, is in 2018 vrygestel met 13 treffers wat sy self geskryf het.

Lees ook: Koop jou kaartjies nou vir die Winterfees!

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button