Local NewsNews

Lappieskomberse om die koue hok te slaan

Op die vooraand van die winter het 'n paar vroue onder leiding van Martie Bold, komberse aan Pietersburg Hulpgroep oorhandig.

POLOKWANE – Bold het vroeër vanjaar besluit om komberse vir die winter te maak.

“Ek het besef die mense wat altyd ontvang, het nie noodwendig iets om terug te gee nie, maar hulle kan iets maak en op so wyse teruggee. So het ek vir skenkings van materiaal en gare gevra en ons het begin om lappieskomberse te maak. Ons het net drie naaldwerkmasjiene so party van ons het die lappies aan mekaar gestik terwyl die ander die blokkies uitgesny het.”

Daar is 20 komberse wat aan die Pietersburg Hulpgroep geskenk is en Petro du Preez, bestuurder by die groep, sê sy gaan dit aan inwoners van Ons Tuiste skenk. “Ons is baie dankbaar vir die skenking. Ons het ook gehekelde en gebreide kniekomberse wat ons aan die ouetehuis gaan skenk.”

Die komberse is verskillende grotes en twee van die vroue wat gehelp het om dit te maak, Martie Viljoen en Martie Schonstein, het besluit om kussings ook te maak. Die kan gebruik word vir die bejaardes om op te sit of tussen hulle knieë te hou as hulle lê.

Bold beoog om nie nou op te hou met die projek nie, maar om aan te gaan en nog komberse te maak.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button