NewsSchools

Maagdraai-oomblike en trane van die lag by die Mnr. en Mej. PHS-kompetisie

Review het agter die gordyn by Mnr. en Mej. PHS gaan loer om meer oor die wenners en proses uit te vind.

POLOKWANE – Die jaarlikse Mnr. en Mej. PHS het kort voor die skoolvakansie by Hoërskool Pietersburg plaasgevind en die finaliste het gesorg dat die gehoor lag dat die trane rol.

Review het met Gregory Carlisle en Cara van der Goot, die wenners van die kompetisie, gesels om te hoor wat vir hulle uitgestaan het en hoe dit gevoel het om te wen.

Lees meer: [VIDEOS] Pieties sorg vir groot vermaak by Mnr. en Mej. PHS

Cara se hoogtepunt was om bederf te word terwyl sy mooi kon aantrek en haar hare en grimering kon laat doen. Gregory, aan die ander kant, het dit geniet om saam met Kayla de Villiers in hulle oupa en ouma uitrustings op die verhoog te wees.

“Die oomblik toe ons agter die gordyn uitkom, het die hele saal uitgebars van die lag. Ons het ook bietjie karakter gebreek en moes hard konsentreer om nie te lag nie. Dit het my onmiddellik laat kalmeer en die res van my aand het glad verloop deur ontslae te raak van al my senuwees nog voor dit kon vatplek kry.”

Na vele vermaaklike oomblikke was dit tyd vir die wenners om aangekondig te word. Cara sê dit was ‘n reuse verrassing en ‘n maagdraai-oomblik wat sy nooit sal vergeet nie. Gregory het ‘n vreemde golf van blydskap en kalmte ervaar.

“Dit was baie lekker gewees om as Mnr. PHS gekroon te word, maar ek gaan wel die sê: Daar was sterk kompetisie vir beide Mnr. en Mej. PHS vanjaar en ek weet dat dit nie maklik was om ‘n wenner te kies nie. Elkeen wat deelgeneem het kan geëerd voel om deel te kon wees van die kompetisie.”

Cara en Gregory kan egter nie nou agteroor sit en ontspan nie. Hulle moet PHS verteenwoordig en as goeie ambassadeurs optree. Dan is daar ook ‘n moontlike gemeeenskapsprojek en fondsinsameling wat nog voorlê.

“Ek is nog nie seker oor al die projekte nie, maar ek glo ons sal ook moet mooi lyk by al PHS se groot plegtighede,” sê Gregory.

Lees meer van die twee in volgende week se Polokwane Review.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon. – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button