Local sportSport

Fietsryers trap 1 200km vir verslaafdes

DIE 1 200km fietsryrit ten bate van 'n liefdadigheidsprojek om dwelmverslaafdes te ondersteun en te help is verlede Vrydag vroegoggend deur drie dapper Mokopane- inwoners aangedurf.

MOKOPANE – DIE 1 200km fietsryrit ten bate van ‘n liefdadigheidsprojek om dwelmverslaafdes te ondersteun en te help is verlede Vrydag vroegoggend deur drie dapper Mokopane- inwoners aangedurf.

Die haan het skaars gekraai toe Casio de Sousa, Marco de Sousa en Louis Lessing warm omhelsings van ondersteuning van lede van die A.G.S. Kerk Mokopane ontvang het voordat hulle by die Mokopane Mall weggespring het op ‘n lang rit van uithou en aanhou.

Die span van Risk Med Paramedics, René Viljoen en Willem Lamprecht, het die drie fietsryers vir die eerste paar kilometer begelei.

Marco de Sousa, ‘n student aan die Universiteit van die Noordwes, is die brein agter Limpopo 4 Jesus en het die behoefte vir hulp aan jong volwassenes wat aan dwelms verslaaf is raakgesien.

Die ryers beoog om met hierdie rit genoeg geld in te samel om verligting en hoop te bring aan die dwelmver-slaafdes en hul families.

Hulle eerste oornagplek was in Duiwelskloof en vandaar het hulle verder gereis tot so ver as Musina. Hulle sou gister (Donderdag) weer op die dorp aankom waar hul rit by Hoërskool Piet Potgieter sou eindig.

Casio het ter voorbereiding aan die Momentum 94,7-uitdaging deelgeneem en het ook die afstand tussen Nylstroom tot Mokopane op ‘n drafstap voltooi.

‘n Selgroep vir jong volwassenes sal op die been gebring word asook ‘n databasis, Narkotika Anoniem, waar dwelmafhanklikes en hul families kan inskakel vir ondersteuning.

Kontak Martin Mckenzie by 082 306 6791 om by dié projek betrokke te raak. Die bankbesonderhede vir skenkings is, Nedbank rekeningnommer: 1084337746, takkode: 14274800.

Related Articles

Back to top button