Local sportSport

Swemmers van Mokopane soos visse in die water

Swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub het onlangs talle rekords opgestel en verbeter.

MOKOPANE – Rekords is onlangs opgestel en verbeter toe swemmers van die Tuks Mokopane Swemklub by Hoërskool Tom Naudé aan die Northern Sprint-gala deelgeneem het.

Buiten vir die talle medaljes wat ingestroom het, het Marnus Truter ook vier nuwe rekords opgestel.

Marnus Truter in aksie.

Hy is trots om die nuwe rekordhouer te wees in die 50m rugslag, 200m wisselslag, 50m borsslag en 100m vryslag.

Carmi Schoeman het ook ‘n nuwe rekord in die 100m vryslag vir dogters o/13 opgestel.

Swemmers is slaggereed vir die tweede gala wat hierdie naweek by die Polokwane Munisipale Swembad gehou word.

Uitblinkers:
• Emma-lee Claassen: Derde in 100m wisselslag en 25m borsslag.
• Shaun Teich: Eerste in 50m vlinderslag, 50m rugslag, 200m wisselslag, 50m borsslag, 50m vryslag en 100m vryslag.
• Kinique de Agrella: Tweede in die 50m rugslag en derde in 50m vryslag.
• Marnus Truter: Eerste in 50m vlinderslag, 50m rugslag, 200m wisselslag, 50m borsslag, 50m vryslag en ook 100 m vryslag.
• Marlo van der Walt: Derde in 50m rugslag.
• Micke Prinsloo: Derde in 50m borsslag.
• Henro van der Walt: Tweede in 50m vlinderslag en 200m wisselslag asook derde in rugslag.
• Jacobus Botha: Eerste in 100m vlinderslag en derde in 50m vlinderslag.
• Immere Botha: Eerste in 50m borsslag en tweede in 200m wisselslag en 50m borsslag. Hy verower ook ‘n derde plek in die 100m vryslag.
• Jeska Tiersma: Tweede in 50m rugslag en derde in 200m wisselslag en 50m vryslag.
• Carmi Schoeman: Eerste in 50m vlinderslag, 200m wisselslag, 50m borsslag en ook 100m vryslag. Sy was ook tweede in die 50m rugslag.
• Lenice Lange: Derde in die 25m vlinderslag en 25m rugslag.
• Livi Venter: Eerste in 25m rugslag en tweede in 25m borsslag.
• Wouter Venter: Tweede in 50m borsslag.
• Luan Venter: Eerste in 50m vlinderslag en 50m borsslag. Tweede in 50m rugslag en 200m wisselslag. Hy was ook derde in die 50m vryslag.
• Ruan Turvey: Tweede in 50m vlinderslag, 50m rugslag en 200m wisselslag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

Back to top button