Local NewsNews

Bernina Polokwane gereed vir ‘n bedrywige naaldwerkjaar

Bernina Polokwane sien uit daarna om 'n besige naaldwerkjaar te hê, soos bekendgemaak gedurende 'n damesoggend verlede Vrydag.

POLOKWANE – Die Bernina Kwilt-groep kom een keer ‘n maand by die winkel in Savannah Winkelsentrum bymekaar, waar daar raad gegee en saam gekuier word.

Op dié dae word daar ook aan die Bernina borduur jaarprojek gewerk.

Die tema vir vanjaar se projek is Wandering through, making memories one stitch at a time.

Slide 1 |

Cheryl Barnard en Alta Erasmus voor een van die kwilts. Regs: ‘n Beer wat verlede jaar by Bernina Polokwane gemaak is.
Slide 2 |

Eliza Engelbrecht.
Slide 3 |

Patience Lowane saam met elwe wat kort voor Kersfees gemaak is.

    Die Bernina Klub 2022 Made to Create vind ook een keer ‘n maand plaas en verskillende tegnieke en voet demonstrasies word behartig.

    ‘n Beer wat verlede jaar by Bernina Polokwane gemaak is.
    Een van die kwilts wat by Bernina Polokwane gemaak is.

    Tydens die damesoggend is items wat verlede jaar tydens die klasse gemaak is, ten toon gestel.

    “Enigiemand is welkom om deel van ons gesellighede te word. Ons maak van handsakke tot bere, elwe en komberse,” vertel Bernina Polokwane eienaar Hester Engelbrecht.

    For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

    Related Articles

    Back to top button