News

Skryf nóú in vir die VLU-vroue se kompetisie

Lootjies word verkoop teen R20 elk om 'n unieke prys te wen.

POLOKWANE – Die Vroue Landbou-Unie (VLU) se streeksvergadering het Dinsdag in Polokwane plaasgevind. Die VLU-lede van die Koraal-, Bosveld- en Soetdoringstreek het by Taberna Dei se Ooskampus bymekaargekom.

VLU-vroue neem elke jaar aan verskeie kompetisies deel waartydens hulle hul talente kan ontdek en nuwe vaardighede kan aanleer.

Hulle skeppings is by die streeksvergadering ingegee en beoordeel. Dié skeppings kan hulle dan inskryf vir die kongres wat in Mei plaasvind.

Gasvroue vir die geleentheid was Pietersburg-Noord en hulle het vir ‘n ligte middagete, koffie en tee gesorg.

Die hoogte- en laagtepunte van die vorige jaar was bespreek en elke tak kon terugvoering oor die jaar gee. Die verskillende besprekingspunte, soos die kompetisies, was ook bespreek.

Een van die items op die agenda was die verkoop van die Heuning resepteboek wat ten bate van die streekfonds verkoop gaan word.

Resepte bestaan uit verskillende slaaie, souse, vleis- en nageregte, terwyl boererate en nuttige wenke met heuning ook in die boek te vinde wees.

Die Pietersburg-Noord-tak het tydens die vergadering ‘n kompetisie geloods. “Ons verkoop lootjies teen R20 elk en die prys is ‘n unieke handsak. Elke deelnemer moet raai waarvan die handsak gemaak is, en die leidraad is ‘ek huil groot trane’. Kaartjies kan by my gekoop word en die trekking sal in Desember plaasvind,” vertel Ilana Pollard van Pietersburg-Noord. Haar kontaknommer is 083 965 9083.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button