Local NewsNewsUpdate

Heighann sterk goed aan na hondbyt

Heighann du Toit (5) was drie dae lank in die hospitaal nadat hy Maandag (27 Desember) deur 'n familiehond gebyt was.

POLOKWANE – Heighann du Toit (5) is gister (30 Desember) na drie dae uit Mediclinic Limpopo ontslaan.

Heighann is Maandag deur sy oupa, Hennie, se gemengderas hond in die gesig gebyt. Die voorval het by Hennie en sy vrou, Delene, se huis in Polokwane gebeur.

https://www.citizen.co.za/review-online/526627/jong-heighann-geopereer-na-hond-hom-byt/

Na die familie se pleidooi vir finansiële hulp, kon Heighann Dinsdagoggend (28 Desember) geopereer word. Sy lip was herbou en die wond aan sy wang behandel, maar hy sal vir nog konsultasies moet gaan om die weefsel op te vul.

Volgens sy ma, Leigh Ann du Toit, gaan dit goed met Heighann. “Hy is ontslaan en hy sterk tans by die huis aan. Die dokter is tevrede en ons moet 10 Januarie vir ‘n opvolg besoek gaan.”

Die familie bedank weereens die gemeenskap vir hulle bydraes en gebede. “Hy doen vreeslik goed ek is ongelooflik trots op hom! Die hospitaalkoste is gedek, maar daar is ‘n persoonlike rekening gestig in Heighann se naam, vir diegene wat wil help met die dokter se rekening,” sluit sy af.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button