LifestyleLocal Lifestyle

Tam dié tyd van die jaar? Skep só nuwe moed

Lewensafrigter Marie-Lee du Plooy deel ‘n paar wenke wat jou kan help om eindjaartamheid hok te slaan.

POLOKWANE – Om emosioneel uitgeput te voel teen die einde van die jaar is iets waarmee talle lesers kan identifiseer.

Eindjaartamheid kan ‘n geweldige impak op ‘n persoon se produktiwiteit hê, en  lewensafrigter Marie-Lee du Plooy het met Polokwane Observer gesels oor watter tekens jy op die uitkyk voor kan wees om dié uitputting te oorkom.

Sy definieer eindjaartamheid as ‘n gevoel van algehele uitputting, ‘n irritasie met alles en almal te hê, en as ‘n reël emosioneel oorweldig te voel.

“Algemene tekens is ‘n gebrek aan konsentrasie en motivering, die gevoel van uitbranding en angs vir die einde van die jaar. Talle mense glo dat daar nog baie is wat hulle gedoen moet kry voordat die jaar verby is.”

Jy kan jouself beter laat voel deur genoeg water te drink en te veel drankies te vermy, asook deur gereeld te oefen en genoeg te slaap.

“Ek sal voorstel dat mense ook afstand moet doen van hul selfone en skootrekenaars. Tree eerder in gesprek met iemand en reël afsprake met jou vriende, want fisiese interaksie kan baie help. Vermy ook eerder diep onderwerpe in gesprekke.”

Indien die simptome nie verlig word nie, gaan spreek gerus jou dokter is haar raad, aangesien dit dan moontlik op ‘n ernstiger saak kan dui.

reporter02@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button