Local NewsNews

AARTO afsetpunte binnekort in Limpopo

Die Aarto afsetpunte dien as a RTIA-tak of 'n plaaslike kantoor wat 'n verskeidenheid Aarto verwante dienste aan die publiek lewer.

POLOKWANE – Met die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe-wet (Aarto) wat binnekort in Limpopo vrygestel word, kan motoriste wie verkeersoortredings in Gauteng het, hulle boetes in Polokwane betaal.

Die Owerheid vir Padverkeers-Oortredings (RTIA) het ‘n ‘ken jou status’ veldtog in Polokwane by die Ladanna toetssentrum, Westenburg taxistaanplek en Pick n Pay taxistaanplek gehou om inwoners oor die Aarto vryselling in te lig en om hulle meer te vertel oor wat om te verwag.

RTIA woordvoerder Emmanuel Tshehla sê dat enigiemand wie gereeld Gauteng toe reis, boetes mag hê wat onder die Aarto-wet uitgereik was, en die veldtog se doel is om motoriste bewus te maak oor die opsies wat hulle het indien dit die geval is.

Hy voeg by dat die motoris se opsies afhang van hoe vinnig hulle op die verkeersboete reageer, aangesien enige betaling voor 32 dae nadat die boete uitgereik is vir ‘n 50% afslag kwalifiseer. “Mens kan ook ‘n bestuurder nomineer in die geval waar iemand anders jou motor bestuur het.

Jy kan jou betalingsplan onderhandel of kies om in die hof te verskyn. Na 32 dae kwalifiseer jy steeds vir al die opsies, behalwe die 50% afslag. Na 60 dae kan jy slegs die volle bedrag betaal of aansoek doen om die afdwingingsbevel te laat herroep.”

Tshehla vertel dat die Aarto vrystellingsproses goed verloop met 12 afsetpunte in Gauteng en drie wat binnekort in Limpopo geloods gaan word.

“Die Aarto afsetpunte dien as a RTIA-tak of ‘n plaaslike kantoor wat verskillende Aarto verwante dienste aan die publiek lewer. Die agentskap moedig motoriste aan om van die afsetpunte in hulle area gebruik te maak.”

Tshehla lê klem daarop dat die Aarto sisteem nog nie ‘n puntestelsel geïmplimenteer het nie, maar sodra dit gebeur sal motoriste hulle boetes moet betaal terwyl nog punte tot hulle lisensies bygevoeg gaan word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

Related Articles

Back to top button